ʼn Speler van die Cheetahs is deur die Sanzaar-wedstrydkommissaris gewaarsku en een van die Nieu-Seelanders uitgewys ná Saterdag se Superrugby-wedstryd in Bloemfontein teen die Crusaders.
Die haker Torsten van Jaarsveld is gewaarsku nadat hy in die 31ste minuut sy voorarm op ʼn teenstander se nek geplaas het, terwyl dié op die grond gelê het.
Die waarskuwing spruit uit Reël 10.4(m) se verwysing na ongenoemde optrede wat teenstrydig met goeie sportmanskap is.
Luidens Sanzaar se verklaring kan die wedstrydkommissaris ʼn waarskuwing rig in ʼn geval van ʼn voorval van vuilspel wat hy ag na aan ʼn rooi kaart kom, maar dit nie werklik regverdig nie.
Die Crusaders se All Black-slot Sam Whitelock is uitgewys omdat hy glo ʼn Cheetah met die elmboog bygekom het.
Die skeidsregter het hom in die 71ste minuut met ʼn geel kaart vir die oortreding gestraf, maar die wedstrydkommissaris reken dit moes ʼn rooi kaart gewees het.
Whitelock sal voor die Sanzaar-vuilspelkomitee verskyn, en as hy skuld erken en die uitgemete straf aanvaar, sal die saak as afgehandel beskou word.
Skeidsregters het Rugby op geneuk! Wat ‘n vertoonvenster van onbevoegdheid!
Om nie van die TV skeidsregters te praat nie