Cheetahs: Een positiewe geval ná OP-stryd

(Foto: Twitter)

Ná die afgelope naweek se opwarmingswedstryd tussen die Cheetahs en die OP Olifante het 11 van die Oos-Kaapse spelers positief vir Covid-19 getoets.

Die Vrystaatse spelers is ook Maandag vir die virus getoets, maar nie een speler het Covid-19 opgedoen nie. Tog sorg die wêreldwye pandemie vir baie onsekerheid en Vrydag se aanvanklike opwarmingswedstryd teen die Pumas is afgelas.

Die spelers is weer vanoggend getoets en een speler was positief met die virus. Hulle sal egter nou môre ’n oefenwedstryd teen Griekwas in Kimberley kan speel.

Maroela Media het vroeër berig dat die OP-spelers tot 17 Junie moet isoleer.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Duncan Saal (regtervleuel), Evardi Boshoff (buitesenter), Howard Mnisi (binnesenter), Cohen Jasper (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel), Ruan Pienaar (kaptein en skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), Aidon Davis (flank), Andisa Ntsila (flank), Derik Pretorius (slot), Jacques Potgieter (slot), Aranos Coetzee (stut), Marnus van der Merwe (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervanger: Wilmar Arnoldi, Alulutho Tshakweni, Hencus van Wyk, Brandon Fortuin, Chris Massyn, Tian Meyer, Brandon Thomson, David Brits, Branden de Kock, Siya Masuku, Luhan Potgieter en Gideon van Wyk.

Griekwas: Masixole Banda (heelagter), Daniel Kasende (regtervleuel), Ederies Arendse (buitesenter), André Swarts (binnesenter), Eduan Keyter (linkervleuel), Tinus de Beer (losskakel), Stefan Ungerer (skrumskakel), Ruan Steenkamp (agtsteman), Stefan Willemse (flank), Gideon van der Merwe (flank), Cameron Lindsay (slot), Adré Smith (slot), Andries Schutte (stut), Alandré van Rooyen (haker) en Andrew Beerwinkel (stut). Plaasvervangers: Janco Uys, Tijde Visser, Ewald van der Westhuizen, Andrew Kuhn, Mzwanele Zito, Carl Els, Hanru Sirgel, Siba Qoma, Raegan Oranje, George Whitehead, Enver Brandt, Johnathan Francke, Christopher Hollis en Ashlon Davids.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.