Cheetahs en Kings sal daardie stappie beter wees

Die Cheetahs en die Kings se deelname aan die Pro14-reeks is uit nood gebore. Hulle is aan die diepkant ingegooi en dis ietwat onregverdig om hulle nou reeds in hierdie reeks te beoordeel.

Maar dit is wat hier in Suid-Afrika gebeur. Tog is die konsensus van oorsese waarnemers ná albei spanne se eerste wedstryd dat hulle, met ʼn rukkie se aanpassing en ʼn tydjie van voete vind, ʼn wesenlike bydrae tot die reeks sal maak.

Saterdagaand speel albei hulle tweede wedstryde: Die Cheetahs teen Munster op Limerick, en die Kings kom teen nóg ʼn Ierse span Connacht in Galway te staan.

Munster vs Cheetahs op Thomond Park, Limerick. Afskop 18:15 (SA tyd)

Vir die Cheetahs in die besonder gaan dit moeilik wees teen ʼn span wat deur ʼn voormalige afrigter van die Cheetahs, Rassie Erasmus, gebrei word.

Hy sal, omdat dit sy aard is en hy hom in elk geval vergewis van Suid-Afrika se rugby voordat hy na Suid-Afrika terugkeer, presies weet waar Francois Venter-hulle se swakpunte is.

Boonop het Munster verlede seisoen net een ligawedstryd, teen die uiteindelike kampioenspan die Scarlets, verloor en is hulle presies ʼn jaar gelede laas op eie werf geklop. (Dis die einste Scarlets wat die Kings verlede week afgeransel het.)

Die Cheetahs sal teen die voormalige senter/heelagter van die Lions, Stormers en die Springbokke, Jaco Taute, te staan kom. Hy was verlede seisoen skitterend op dreef en is as een van die beste senters in Brittanje en Ierland beskou.

Hy speel Saterdagaand binnesenter waar die Cheetahs se William Small-Smith sy keer sal moet ken.

Jean Kleyn, ook ʼn voormalige Stormers-lid, speel slot vir Munster.

Die Cheetahs, wat op die aanval teen Ulster beïndruk het maar op die verdediging kleigetrap het, het die week hard aan hierdie aspek gewen. Verwag dus ʼn waarneembare opwaartse vertoning van hulle in Limerick.

Spanne –

Munster

15 Andrew Conway, 14 Darren Sweetnam, 13 Chris Farrell, 12 Jaco Taute, 11 Alex Wootton, 10 Ian Keatley, 9 Duncan Williams, 8 Jack O’Donoghue, 7 Tommy O’Donnell, 6 Sean O’Connor, 5 Billy Holland (kaptein), 4 Jean Kleyn, 3 Stephen Archer, 2 Rhys Marshall, 1 Liam O’Connor. Bank: 16 Niall Scannell, 17 Dave Kilcoyne, 18 John Ryan, 19 Fineen Wycherley, 20 Robin Copeland, 21 James Hart, 22 Rory Scannell, 23 Simon Zebo

Cheetahs

15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robbie Petzer, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Rynier Bernardo, 3 Johan Coetzee, 2 Jacques du Toit, 1 Charles Marais.

Bank: 16 Torsten van Jaarsveld, 17 Ox Nche, 18 Tom Botha, 19 Armandt Koster, 20 Gerhard Olivier, 21 Tian Meyer, 22 Ali Mgijima, 23 Ryno Benjamin.

Skeidsregter: Ben Whitehouse (Wallis)

Connacht vs Kings, The Sportsground in Galway. Afskop 19:35 (SA tyd)

Die Kings se aggressie en hulle vertoning in veral die eerste helfte teen die Scarlets verlede week maak die afrigterskorps van Connacht effe benoud.

Die Oos-Kapenaars sal egter in die tweede helfte moet beter as verlede week, toe hulle voorlangs uitgesak en minder as 30 persent balbesit gehad het. Geen span kan net keer en keer nie.

Connacht het nou vyf opeenvolgende Pro14-wedstryde sedert April verloor waarvan drie op hul tuisveld The Sportsground  in Galway is.

As die Kings, nog maar vreemd vir mekaar, kan kliek, kan hulle hier dalk verras.

Spanne –

Connacht

15 Tiernan O’Halloran, 14 Darragh Leader, 13 Tom Farrell, 12 Bundee Aki, 11 Matt Healy, 10 Jack Carty, 9 Kieran Marmion, 8 John Muldoon, 7 Jarrad Butler, 6 Sean O’Brien, 5 James Cannon, 4 Ultan Dillane, 3 Finlay Bealham, 2 Tom McCartney, 1 Denis Buckley. Bank: 16 Dave Heffernan, 17 Denis Coulson, 18 Conor Carey, 19 Quinn Roux, 20 Eoghan Masterson, 21 Caolin Blade, 22 Steve Crosbie, 23 Eoin Griffin.

Kings

15 Masixole Banda, 14 Yaw Penxe, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Sibusiso Sithole, 10 Kurt Coleman, 9 Godlen Masimla, 8 Andisa Ntsila, 7 Victor Sekekete, 6 Khaya Majola, 5 Dries van Schalkwyk, 4 Jurie van Vuuren, 3 Rossouw de Klerk, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Schalk Ferreira. Bank:16 Stephan Coetzee, 17 Luvuyo Pupuma, 18 Entienne Swanepoel/Martin Dreyer, 19 Bobby de Wee, 20 Siyabulela Mdaka, 21 Rudi van Rooyen, 22 Oliver Zono, 23 Jacques Nel.

Skeidsregter: Mike Adamson (Skotland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.