Cheetahs en Saru kom ooreen oor Superrugby

Die Cheetahs en die SA Rugbyunie (Saru) het ʼn skikking ten opsigte van die franchise se deelname aan die Superrugbyreeks bereik, en die Southern Kings sien daarna uit om nuwe rugbyhorisonne te verken.

Dit is duidelik dat hierdie twee franchise’e in 2018 amptelik nie meer deel van die Superreeks sal wees nie.

♦ Luidens ʼn verklaring wat die Cheetahs Vrydag in Bloemfontein uitgereik het, het hy uit hoofde van sy kontrak met Saru wat tot 2020 duur nie aan die siftingsproses deelgeneem nie.

Hy het egter in der minne geskik dat hy toegelaat sal word om die moontlikheid van ander internasionale deelname te ondersoek.

♦ Die Kings sê in ʼn verklaring dat hy die geleentheid sal aangryp om nuwe speelgeleenthede te ondersoek in die lig van Sanzaar se besluit om die Superreeks na 15 spanne in te kort.

Daar word geruime tyd al berig dat die Cheetahs en die Kings waarskynlik ʼn tuiste in die Europese Pro12-reeks sal vind.

Vier Ierse provinsies, vier Walliese streekspanne, twee Skotse superklubs en twee Italiaanse klubs neem tans aan die reeks deel.

Die Kings se verklaring laat egter die moontlikheid dat ander opsies ook ondersoek word.

♦ Saru sal na verwagting Vrydag die vier SA spanne vir aanstaande jaar se Superreeks bekend maak, maar dis redelike algemene kennis dat dit die Bulls, die Lions, die Sharks en die Stormers sal wees.

Meer inligting oor die geleenthede wat aan die Cheetahs en die Kings gebied sal word, sal later Vrydag deur SA Rugby bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jack Russl ·

Ek wag nog om te sien wat gaan regtig gebeur. Aus moet ook nog ‘n span sny, maar daar is probleme. Hulle het gekyk na die Force en die Rebels. Rebels het privaat eienaars en daar word gepraat dat hulle nie gesny mag word nie, het seker iets in die koopkontrak gewees wat hulle deelname waarborg. ARU wou die Rebels terugkoop en dan die franchise toemaak, maar die eienaars wil nie die aanbod aanvaar nie. So Rebels bly. Force het ‘n ooreenkoms geteken wat hulle plek waarborg tot 2020, so hulle kan ook nie gesny word nie. Sonder daardie twee is die Reds die swakste Aus span. Reds en Waratahs is die oudste klubs was SR speel in Aus. Brumbies is die nuutste en is gelee tussen die Rebels en Waratahs, so dit sal sin maak om saam te smelt met een van daardie. Reds en Waratahs het te veel “geskiedenis” om gesny te word en Brumbies is die “top” Aus span. Party is verseker van plekke en die ander gaan bakly vir hulle plekke. Sal sien as Aus nie ‘n span sy nie, wat die Kings en Cheetahs gaan doen…

Billa Benade ·

Gaan ons as ondersteuners,die wat sorg dat spelers en beamptes se salarisse betaal word ooit weet wat die ooreenkoms tussen SARU en die onderskeie Unies is of gaan hulle net deur gee wat hulle dink Jan publiek moet weet.

Nico ·

Solank daar meer as 9 of 10 spanne is en boonop die Japaners en Argentyne insluit kan daar nie van SUPERRUGBY of KAMPIOENE rugby gepraat word nie.

Jan Bloukaas ·

Arme Nico waar was jy die laaste paar jare alhoewel die span nou redelik vertoon het JAPAN ons so rukkie terug verneder besef jy werklik wat dit beteken in Wereldrugby,nag ou grote!!!!

Billa Benade ·

Gaan ons as ondersteuners regtig weet wat die toekoms inhou betreffend die outjies wat speel se kans op Bok plekke en gaan Bloemfontein weer in aanmerking kom om toetse te kan aanbied?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.