Cheetahs en Stormers kondig groepe vir Harare aan

cheetahs-cropReniel Hugo sal ’n Cheetah-span aanvoer wat Saterdag in Harare in ’n oefenwedstryd teen die Stormers te staan kom.

Nie een van die twee spanne het hulle beste vyftientalle vir die geleentheid gekies nie.

Franco Smith, hoofafrigter van die Cheetahs, het nuwelinge soos die voormalige Junior Springbok, die flank Junior Pokomela ingesluit, terwyl Boom Prinsloo ook gretig sal wees om sy plek as eerstekeuse-losvoorspeler oop te speel.

Agterlangs het Fred Zeilinga vroeg-vroeg die kans om te wys dat hy die antwoord op losskakel is. ’n Speler soos die aanwins van Griekwas, Clinton Swart, wat op die bank is, sal gewis in Zeilinga se nek blaas.

Cheetahs

15 Ryno Eksteen, 14 Ryno Benjamin, 13. Nico Lee, 12. Michael van der Spuy, 11. Lihleli Xoli, 10. Fred Zeilinga, 9. JP Smith, 8. Henco Venter, 7. Junior Pokomela, 6. Boom Prinsloo, 5. Reniel Hugo (kapt.) 4. Justin Basson, 3. Luan de Bruin, 2. Elandré Huggett, 1. Danie Mienie. Bank: 16. Torsten van Jaarsveld, 17. Charles Marais, 18. Erich de Jager, 19. Dennis Visser 20. Francois Uys, 21. Jasper Wiese, 22. Oupa Mohoje, 23. Steven Meiring, 24. Tian Meyer 25. Clinton Swart, 26. Ali Mgijima, 27. Clayton Blommetjies, 28. Raymond Rhule, 29. Jacques du Toit, 30. Johan Coetzee, 31. Zee Mkhabela.

♦   Robbie Fleck, hoofafrigter van die Stormers, het ’n groep van 35 spelers aangewys wat teen die Cheetahs sal speel.

Die groep sluit die beseerde Springbokke Frans Malherbe en Siya Kolisi in, en ook aanwinste soos SP Marais en Ramone Samuels wat vroeg reeds vir Fleck sal wil beïndruk.

Stormers

1 Juarno Augustus, 2 Nizaam Carr, 3 Jaco Coetzee, 4 Kurt Coleman, 5 Damian de Allende, 6 Juan de Jongh, 7 Dan du Plessis, 8 Jean-Luc du Plessis, 9 Rob du Preez, 10 Pieter-Steph du Toit, 11 Dewaldt Duvenage, 12 Rynhardt Elstadt, 13 Eben Etzebeth, 14 JC Janse van Rensberg, 15 Siya Kolisi, 16 Cheslin Kolbe, 17 Dillyn Leyds, 18 Wilco Louw, 19 Frans Malherbe, 20 SP Marais, 21 Godlen Masimla, 22 Bongi Mbonambi, 23 Khanyo Ngcukana, 24 Sikhumbuzo Notshe, 25 Caylib Oosthuizen, 26 Justin Phillips, 27 Ramone Samuels, 28 JD Shickerling, 29 Chad Solomon, 30 Brandon Thomson, 31 Frans van Wyk, 32 Chris van Zyl, 33 Jano Vermaak, 34 Cobus Wiese, 35 Damian Willemse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

danie ·

Ek is dalk nou n agter os, maar kan iemand die logika verduidelik oor hoekom hulle in Harrare gaan speel,

My tweesent bydrae ·

Om n politieke stelling te maak . Ideologies redes .

wicus ·

DIE STORMERS HET NIE GELD NIE MAAR HULLE VAN ONNODIGE SPELERS SAAM VIR DIE
WEDSTRYD, OF IS EK MAAR NET DOF

chris ·

Danie, dit sal ek ook graag wil weet ??? Hoekom nie in Bloem speel en sodoende ‘n klompie skares lok en so die geldkas van die Cheethas aanvul. Sê maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.