Cheetahs kies ervaring en opwindende jonges

Ox Nché is een van die jonger manne wat sy merk in Superrugby kan maak (Foto fscheetahs)

Ox Nché is een van die jonger manne wat sy merk in Superrugby kan maak (Foto fscheetahs)

Die Cheetahs het ’n relatief ervare groep van 37, wat ook ʼn klompie opwindende jong spelers insluit, vir hulle Superrugby-veldtog aangewys. Hulle spring aanstaande week met ’n tuiswedstryd teen die Lions weg.

Verskeie spelers was verlede jaar deel die Vrystaat Cheetahs se Curriebeker-kampioenspan en sal die Superseisoen met ʼn redelike mate vertroue tegemoet gaan.

Die belowende voormalige Junior Bokke, die stutte Joseph Dweba en Ox Nché, is ook ingesluit en sal hulle lippe aflek om hulle staal op die hoër vlak te wys. Dweba is in 2016 deur beserings gery, terwyl Nche ongelukkig was om nie verlede jaar saam met die Springbokke op hulle jaareindtoer te gaan nie.

Onder die losvoorspelers is daar heelwat diepte en word strawwe mededinging verwag tussen Oupa Mahoje, Uzair Cassiem en Paul Schoeman wat as flanke ingesluit is en die agstemanne Boom Prinsloo, Niell Jordaan en Henco Venter.

Ook in die middelveld kan die wedloop om plekke tussen Francois Venter en Nico Lee wat die senterpaar in die 2016-Curriebeker-eindstryd was, Ryno Benjamin, William Small-Smith, Michael van der Spuy en die aanwins van Griekwas, Clinton Swart die beste in al dié spelers na vore bring.

Die groep –

Voorspelers
Danie Mienie, Joseph Dweba, Ox Nché, Charles Marais, Torsten van Jaarsveld, Jacques du Toit, Elandré Huggett, Tom Botha, Johan Coetzee, Justin Basson, Carl Wegner, Hilton Lobberts, Armandt Koster, Francois Uys, Dennis Visser, Reniel Hugo, Paul Schoeman, Oupa Mohoje, Uzair Cassiem, Boom Prinsloo, Niell Jordaan, Henco Venter.

Agterspelers
Shaun Venter, Tian Meyer, Fred Zeilinga, Niel Marais, Sergeal Petersen, Raymond Rhule, Zee Mkhabela, Francois Venter, Ryno Benjamin, Nico Lee, William Small-Smith, Clinton Swart, Michael van der Spuy, Clayton Blommetjies, Ryno Eksteen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.