Cheetahs kies Pro14-span teen Goue Leeus

Torsten van Jaarsveld (Foto: Cheetahs Rugby)

ʼn Week gelede het hulle naelskraap in die Pro14-reeks teen Glasgow Warriors verloor; Saterdag pak amper dieselfde span die Goue Leeus op Ellispark in ʼn sleutelstryd in die reeks om die Curriebeker.

Só vasbeslote is die Vrystaatse Cheetahs om hul Curriebekertitel te behou, dat hul spelers wat in die oorsese reeks meeding, ook die kastaiings plaaslik uit die vuur moet krap.

Die besoekers, wat goed in die oorsese reeks vaar en, na wat in die Britse media voorspel word, tussen die topses behoort te eindig, se vertoning kan dalk ook ʼn aanduiding bied van hoe die plaaslike reeks teen die Pro14-reeks opweeg.

Die enigste opdrafwysigings in die span wat met 26-29 teen die Skotse superklub verloor het, is die Namibiese toetsstut Aranos Coetzee, wat Tom Botha aan die vaskopkant van die voorry vervang; Nico Lee, wat senter in Francois Venter se plek speel; en Raymond Rhule wat Sergeal Petersen se skoene op heelagter volstaan.

Coetzee en Lee was verlede week op die bank, en Rhule deel van die groter Springbokgroep.

Nóg ʼn Namibiese toetspeler, die haker Torsten van Jaarsveld, voer die span aan.

Ali Mgijima (op die bank) is die enigste van verlede week se Curriebeker-22-tal in die span vir Ellispark.

Die span –

15. Raymond Rhule, 14. Rosko Specman, 13. Nico Lee, 12. William Small-Smith, 11. Makazole Mapimpi, 10. Ernst Stapelberg, 9. Tian Meyer, 8. Oupa Mohoje, 7. Henco Venter, 6. Paul Schoeman, 5. Reniel Hugo, 4. Justin Basson, 3. Aranos Coetzee, 2. Torsten van Jaarsveld, 1. Charles Marais. Bank: 16. Ox Nche, 17. Jacques du Toit, 18. Rynier Bernardo, 19 Junior Pokomela, 20. Shaun Venter, 21. Ali Mgijma, 22. Luther Obi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Se Maar Net ·

As die Leeus slim is, dan sal hulle no 14 en 15 merk…… want hulle kan glad nie verdedig nie.

Jonathan Butler ·

Ek wil net by jou aansluit merk die hele span maar die verdediging is n probleem in die span
kyk maar na al die games van hulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.