Cheetahs kry nuwe trui vir Pro14

Die Cheetahs het Dinsdagaand hul twee truie bekendgestel wat in die Pro14-reeks gedra sal word en terselfdertyd is bevestig dat die Vrystaat Cheetahs steeds in hul tradisionele truie in die Curriebeker-reeks sal speel.

Terwyl die nuwe Pro14-trui die ou Vrystaatse kleure van wit en oranje behou, word die nuwe truie se oranje met (ewe groot) wit strepe om die lyf gebreek.

Tian Meyer en Oupa Mohoje met onderskeidelik die Vrystaatse Cheetahs en die Pro14-Cheetahs se truie. (Foto Cheetahs)

Die tradisionele swart broek maak plek vir ʼn oranje broek en in die plek van die rooi kouse sal die Pro14-span ook nou oranje kouse dra.

As alternatiewe trui bly die Pro14-Cheetahs by die tradisionele wit trui, met die swart broek wat egter deur ʼn witte vervang word en die kouse wat ook oranje sal wees.

♦ Die Vrystaat Cheetahs sal Saterdagaand uitdraf in dieselfde kleur truie waarmee hulle in 2006 die Curriebeker met die Blou Bulle gedeel en in 2007 die Goue Beker op Loftus gewen het. Die broek bly swart en die kouse rooi.

♦ Die Blou Bulle sal die eerste keer sedert Superrugby gespeel word, presies dieselfde kleure vir die Superreeks en die Curriebeker-reeks dra. Alle spanne van die Bulls en Blou Bulle, ook die Juniors, speel vanjaar in dieselfde trui ter viering van die bond se 80ste verjaarsdag.

Die truie is voor die tradisionele blou, met ʼn spesiale 80 jaar-wapen, en agter is die truie wit soos dit in die Superrugby-reeks was.

 

 

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie ·

Dit gaan n maklike een vir die Vrystaat wees ons gaan die bulle mors

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.