Cheetahs laaste van SA, Sharks druk die minste drieë

Die Superrugby-reeks is, met die uitsondering van die Rebels en die Force, nou almal by die halfpadmerk van vanjaar se kompetisie – en vir Suid-Afrikaanse spanne maak dit nie wonderlike leesstof nie.

Ons spanne hardloop meer, so word beweer. Ons vaardighede het verbeter, so hoor ons – en ons verdediging was nog altyd redelik tot goed.

Maar is dit werklik so? Nie as jy na die puntelys vir die reeks tot dusver kyk nie.

Voordat daar egter te ernstige afleidings gemaak word, moet daar onthou word dat die huidige posisies weens die belaglike kompetisiestruktuur nie bepalend is vir wie in die uitspeelwedstryde betrokke sal wees nie en dat die punteleer hier bloot vir vergelykingsdoeleindes gebruik word.

Ook dat daar nog baie water in die see moet loop met baie taai en/of andersins maklike wedstryde wat vir al die deelnemers voorlê.

Posisies ná 22 April

Die Lions, Stormers en Sharks is ná agt wedstryde onderskeidelik vierde, vyfde en sesde op die punteleer.

Die Stormers het nog die Highlanders en die Hurricanes wat die volgende twee naweke in Nieu-Seeland voorlê – en die Lions het die Aussies se Force, Rebels en Brumbies teen wie gespeel moet word.

Soos sake nou daar uitsien, is die Crusaders op 36 punte die voorlopers, en sluit hulle 36 ligapunte agt oorwinnings in waarvan nie minder nie as vier wedstryde is waarin  hulle ook drieë-bonuspunte behaal het.

Die Chiefs en die Hurricanes, die verdedigende kampioen, het albei 33 ligapunte, en die Lions 32.

Die Lions sal twee keer in die volgende agt wedstryde moet verloor, en die Stormers en Sharks glad nie weer nie, om hulle plek as Suid-Afrika se voorste span te verloor. Bonuspunte kan natuurlik ook ʼn invloed hê.

Die Cheetahs het ná Saterdag se neerlaag teen die Bulls na die laaste plek van die Suid-Afrikaanse franchise’e afgeskuif. Hulle is nou 13de van die 18 spanne, met net die Sunwolves en vier van die vyf Australiese spanne onder hulle op die punteleer.

Saam met die Cheetahs op tien punte is die Southern Kings en die Reds, maar die Kings se punteverskil (minus 71) is beter as die Vrystaters se minus 88 en die Reds se minus 90.

Drieë gedruk  

ʼn Redelike verrassing is dat die Sharks, laaste van die SA spanne, saam met die Force die tweede minste drieë (17) gedruk het. Hulle het die afgelope Saterdag die kans gehad om die Rebels te verniel, maar dit het toe nie gebeur nie. Die Rebels se nege drieë is die minste.

Die Hurricanes se 56 drieë en die 44 van die Crusaders stel die Suid-Afrikaanse driedruksyfers in perspektief; die Lions het 38 keer gaan druk, en die Stormers 37 keer.  Dan volg die Kings (27) en die Bulls en Cheetahs (19 elk) en natuurlik die Sharks soos genoem met 17.

Drieë afgestaan
Die span wat die meeste drieë afgestaan het, is die Sunwolves (47) en die Kings (37). Maar die Cheetahs het saam met die Waratahs en die Rebels – teen wie die Sharks nie kon druk nie – 35 drieë afgestaan, gelyk derde meeste.

En die 28 drieë wat teen die Stormers gedruk is, is die sewende meeste teen enige span.

Soos met die intrapslag gesê is: Dit alles is nie deurslaggewend nie, kwalik aanduidend. Te veel spanne moet  nog teen die bestes speel, en te veel teen die swakkeres.

Maar daar is tog waarskuwingstekens daarin vir sommiges dat te min drieë teen wie ook al gedruk of afgestaan is. As dit nie omgekeer word nie, wag daar moeilikheid.

Puntelys soos na 22 April 

PosSpanneSWGV VirTeenPte verskilDrieë VirDrieë teenPte
1Crusaders8801295150145441736
2Hurricanes8701369152217561933
3Chiefs870122915376281433
4Lions870128019684382132
5Stormers860228121269372826
6Cell C Sharks851220316736171824
7Highlanders850320816741222123
8Jaguares840421017238232020
9Brumbies83051821766252117
10Blues830522419133282417
11Bulls8305178206-28192414
12Kings8206210281-71273710
13Cheetahs8206192280-88193510
14Reds8206161251-90223410
15Force7205141189-4817269
16Waratahs8206187263-7625359
17Rebels7115103263-1609357
18Sunwolves8107162346-18420475

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietman ·

Nieu-Seeland is ons vêr voor. Gaap. Hulle ken rugby eenvoudig beter. lees die spel beter. Ons sogenaamde “rugbykenners” met Nick Mallet as uitsondering, weet niks. Naas praat altyd maar dieselfde storie, ” the tight 5 needs to dominate”, ” the flyhalf needs to control die game” . Regtig? Daar is ‘n helse intelligensie gaping tussen ons en Nieu-Seelanders en self Australiërs. Luister na hulle kommentaar. En dan natuurlik die politiek. Nee-wat dis ‘n gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.