Cheetahs laat vir Specman, Steyn los

Frans Steyn. Argieffoto.

Die Vrystaters sal oorgehaal wees om vir Suid-Afrika se rugbybase te wys wat in hulle steek wanneer hulle Saterdag teen die Pumas in Bloemfontein speel.

Dit sal die Cheetahs se openingswedstryd van die Superrugby Unlocked-veldtog wees en hul eerste amptelike wedstryd nadat hulle die nuus gehoor het dat hulle nie deel van die vergrote Pro16-aksie is nie.

Afrigter Hawies Fourie het veral ’n opwindende agterlyn gekies met Rosko Specman wat die no. 11-trui sal dra en Frans Steyn wat op binnesenter sal uitdraf.

Ruan Pienaar sal oudergewoonte die span aanvoer.

Die Vrystaters sal darem nie heeltemal verroes wees nie – hulle het twee oefenwedstryde teen Griekwas gespeel; kragmetings wat hulle met 40 – 7 en 31 – 21 gewen het.

Daarteenoor spog die Pumas ook met ’n lekker opwindende span. Die oudleerling van Laerskool Middelburg, Eddie Fouché, begin op losskakel, terwyl Ryan Nell die span op binnesenter sal aanvoer.

Boonop het die span in Jimmy Stonehouse een van die beste afrigters in Suid-Afrika en hulle sal beslis nie net in Bloemfontein hênsop nie.

  • Die wedstryd begin Saterdag om 16:30 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Malcolm Jaer (regtervleuel), Benhard Janse van Rensburg (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Tian Schoeman (losskakel), Ruan Pienaar (kaptein en skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Junior Pokomela (flank), Andisa Ntsila (flank), Walt Steenkamp (slot), Carl Wegner (slot), Luan de Bruin (stut), Reinach Venter (haker) en Charles Marais (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Boan Venter, Erich de Jager, JP du Preez, Chris Massyn, Aidon Davis, Tian Meyer en William Small-Smith.

Pumas: Devon Williams (heelagter), Luther Obi (regtervleuel), Wayne van der Bank (buitsenter), Ryan Nell (kaptein en binnesenter), Neil Maritz (linkervleuel), Eddie Fouché (losskakel), Ginter Smuts (skrumskakel), Willie Engelbrecht (agtsteman), Kwanda Dimiza (flank), Daniel Maartens (flank), Cameron Lindsay (slot), Le Roux Roets (slot), Ruan Kramer (stut), Marko Janse van Rensburg (haker)) en Morgan Naude (stut). Plaasvervangers: Simon Westraadt, Liam Hendricks, Dewald Maritz, Darrien Landsberg, Jeandré Rudolph, Dian Badenhorst, Niel Marais en Ruwellyn Isbell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Androclus

Hulle sien ook net afdraand teen die Griekwas.