Cheetahs mik na ontwykende vier na mekaar

Kan die Cheetahs dit Vrydagaand vier na mekaar maak?

Gewoonlik is so ʼn vraag bloot retories van aard, maar daar steek dié keer meer daaragter. Dit is reeds meer as vier jaar gelede, in die 2013-Superreeks, dat die Cheetahs dit vermag het.

Hulle speel Vrydagaand (20:35) in Vrystaatstadion teen die Glasgow Warriors, voorlopers in groep A van die Pro14-reeks. Die Skotte het tot dusver in hulle vyf wedstryde nog nie verloor nie en het drie keer met ʼn bonuspunt gewen.

Die Cheetahs gaan die wedstryd met heelwat selfvertroue binne en met ʼn verfrissende spelpatroon wat drie keer na mekaar vrugte afgewerp het. Ná hulle eerste twee sukkel-vertonings en neerlae in die reeks is dit ʼn aangename verrassing, en word hulle as ʼn bate vir die reeks beskou. Die teenstanders is ook al lugtig vir hulle.

Net die Scarlets, voorlopers in groep B, het met hul 24 meer drieë as die Cheetahs en Munster se 23 in vyf wedstryde gedruk. Munster is tweede in groep A en die Cheetahs derde.

♦  Rory Duncan, wat as afrigter by die Cheetahs oorgeneem het toe Franco Smith sy afrigtingsaandag met sy betrokkenheid by die Bokke moes verdeel, het duidelik iets gedoen wat werk – en ondanks die sterk span teen hulle, is ʼn verrassing Vrydagaand in Bloemfontein nie uitgesluit nie.

♦  Die Vrystaters het net een verandering aan verlede week se beginspan met Raymond Rhule wat weens ʼn enkelbesering nie kan speel nie. Hy word deur Rosko Specman op die regtervleuel vervang.

Spanne –

Cheetahs
15 Sergeal Petersen, 14 Rosco Specman, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Makazole Mapimpi, 10 Ernst Stapelberg, 9 Tian Meyer, 8 Teboho Mohoje, 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Ox Nche, 18 Johan Coetzee, 19 Rynier Bernardo, 20 Junior Pokomela, 21 Shaun Venter, 22 Nico Lee, 23 Luther Obi.
Glasgow Warriors
15 Ruaridh Jackson, 14 Tommy Seymour, 13 Nick Grigg, 12 Sam Johnson, 11 Leonardo Sarto, 10 Finn Russell, 9 Ali Price, 8 Adam Ashe, 7 Callum Gibbins, 6 Ryan Wilson (kaptein), 5 Jonny Gray, 4 Tim Swinson, 3 Zander Fagerson, 2 Fraser Brown, 1 Jamie Bhatti. Bank: 16 Geroge Turner, 17 Alex Allan, 18 D’Arcy Rae, 19 Brian Alainu’uese, 20 Rob Harley, 21 Henry Pyrgos, 22 Peter Horne, 23 Niko Matawalu.

Skeidsregter: George Clancy (Ierland)
Assistent-skeidsregters: Cwengile Jadezweni, Ben Crouse (albei Suid-Afrika)
Televisieskeidsregter: Shaun Veldsman (Suid-Afrika)

Afskop: 20:35

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Met Rory Duncan aan die roer van sake by die Cheetas gebeur dinge. Is dit nie ironies dat hulle sulke mooi wenrugby speel nou dat Franco Smit deur die springbokbreier ingetrek is om ook sy styl van rugby by die bokke in te prent nie. Dit het hulle 4 wedstryde gevat om genoeg moed bymekaar te skraap om weg te beweeg van die Lions se wenpatroon na die ou uitgediende, verbeeldinglose rugby wat ons (en toevallig ook die Cheetas in die Super rugby kompetisie) vandag bybdie bokke sien
Maar nou ja, gelukkig is Franco darem tevrede dat die bokke so mooi leer en vorder né

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.