Cheetahs pak Pumas met Potgieter

Jacques Potgieter in aksie vir die Springbokke. Foto: Juan Mabromata/AFP.

Jacques Potgieter sal Vrydagmiddag sy buiging vir die Cheetahs maak wanneer hulle teen die Pumas in Nelspruit kragte meet.

Die 34-jarige voormalige Springbok-losvoorspeler het ’n kontrak van een jaar met die Vrystaters onderteken en hy is slaggereed om sy stempel in sy nuwe trui af te druk.

Volgens Potgieter sal hy nie skroom om sy rugbykennis en -ervaring met die jonger spelers in die groep te deel nie.

“Ek glo dat ek ’n belangrike rol in Bloemfontein kan speel. Ek is een van die ouer spelers wat ’n voorbeeld vir die jong manne moet wees en hulle moet nie skroom om raad te vra nie,” het Potgieter gesê.

Hy sal saam met Oupa Mohoje en Chris Massyn die Bloemfonteiners se lostrio vorm.

Vir die Pumas sal Marné Coetzee weer die no. 3-trui oor sy kop trek. Die 27-jarige stut is verlede jaar deur beserings op die kantlyn gehou.

Jimmy Stonehouse se span is nog op soek na hul eerste sege van die voorbereidingsreeks, maar hulle het goed teen die Leeus (32 – 28) en Blou Bulle (48 – 31) vertoon.

  • Die wedstryd begin Vrydag om 16:45 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Cheetahs: Rhyno Smith (heelagter), Malcolm Jaer (regtervleuel), Chris Smith (buitesenter), Howard Mnisi (binnesenter), Craig Barry (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel), Ruan Pienaar (kaptein en skrumskakel), Jacques Potgieter (agtsteman), Oupa Mohoje (flank), Chris Massyn (flank), Victor Sekekete (slot), Carl Wegner (slot), Aranos Coetzee (stut), Marnus van der Merwe (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: Wilmar Arnoldi, Schalk Ferreira, Conraad van Vuuren, Rynier Bernardo, Aidon Davis, Tian Meyer, Frans Steyn, Rosko Specman.

Pumas: Devon Williams (heelagter), Etienne Taljaard (regtervleuel), Erich Cronjé (buitesenter), Ali Ngijima (binnesenter), Tapiwa Mafura (linkervleuel), Eddie Fouché (losskakel), Chriswill September (skrumskakel), Willie Engelbrecht (agtsteman), Francois Kleinhans (flank), Daniel Maartens (flank), Darien Landsberg (slot), Pieter van Vuren (kaptein en slot), Marné Coetzee (slot), Simon Westraadt (haker) en Morgan Naudé (stut). Plaasvervangers: AJ le Roux, Dewald Maritz, Ruan Kramer, Jaco Willemse, Kwanda Dimaza, Phumzile Maqondwana, Ginter Smuts, Wayne van der Bank en Sebastian de Klerk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.