Cheetahs sal Pro14-mededingendheid gou-gou peil

Die Cheetahs sal die mededingendheid van die Suid-Afrikaanse spanne in die Pro14-reeks sal sommer gou-gou peil.

Al is die bepalings vir die reeks nog nie bekend gemaak nie, het die nuus in Ierland uitgelek dat die Cheetahs hul eerste wedstryd teen die Ierse provinsie Ulster speel.

Die Vrystaters is Suid-Afrika se Curriebekerkampioen (dit sal nie die Cheetahs se Superrugbyspan wees wat in die Pro14 speel nie); Ulster was vanjaar vyfde (welsiwaar net-net nie vierde nie) in die laaste Europese Pro12-reeks.

Op papier – en in Suid-Afrikaanse, veral Vrystaatse harte – behoort die die Cheetahs dus die gunsteling te wees.

ʼn Lastige vraag is egter of Suid-Afrikaners nie dalk die krag van die ou Pro12-spanne onderskat nie.

Ons sal moet wag om te kyk wat Ulster hierop antwoord.

In die tempo waarin die Kings se Superrugbyspelers boonop in die Curriebekerreeks by ander bonde uitslaan, wonder ’n mens hoeveel vir die Pro14 sal oorbly.

Daar is ʼn paar ander vrae ook wat opduik.

Kan die Suid-Afrikaanse spanne se blootstelling aan lang vlugte Nieu-Seeland, Australië, Argentinië en Japan toe in die Superrugbyreeks tot hul voordeel in die Pro14 strek? Hoe gaan die Europese spanne op die lang vlugte Suid-Afrika toe reageer?

Gelukkig is tydsones nie ter sprake nie.

Die Pro14 gaan nie asem skep in Desember wanneer die Suid-Afrikanes so graag langs die see uitspan nie.

Gaan die Suid-Afrikaanse spanne op hul skerpste kan wees in ʼn seisoen wat hulle gewoond is om af te skaal? Hoe gaan hulle op Tweede Kersdag vaar?

Gaan die Suid-Afrikaanse rugbypubliek hulle in die somer aan die reeks steur?

Dan kan ʼn mens natuurlik nie help om te wonder nie hoeveel meer jong Suid-Afrikaanse spelers die oorsese klubs gaan koop wanneer hulle (die klubs) hulle (die spelers) eerstehands in aksie sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.