Cheetahs se afskop teen Blues nou eers later

Die Cheetahs se Pro14-wedstryd Saterdag teen die Cardiff Blues, wat grootliks sal bepaal of die Vrystaters na die reeks se uitspeelrondes sal vorder, sal nou in die aand pleks van die middag gespeel word.

Die Blues se vlugte is deur vertragings in Londen en Johannesburg geraak en dit het die span 50 uur geneem om van Londen na Bloemfontein te vlieg.

Hulle het gevolglik eers Vrydagmiddag in die Vrystaatse hoofstad aangekom en die later afskop, wat op SuperSport8 gebeeldsend sal word, is as vergunning aan hulle toegestaan.

Die afskop is nou Saterdag om 18:15.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kiewiet ·

Dis Sondag die Cheethas het Saterdag al klaar gespeel . maar geen berig oor hulle nie. Wys maar weereens hoe die Cheethas benadeel word . Geluk Cheethas met julle wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.