Cheetahs se blits reg vir die Goue Leeus

Sergeal Petersen (You Tube)

Sergeal Petersen (You Tube)

Die Vrystaat Cheetahs se vleuelblits Sergeal Petersen is weer fiks en sal in Saterdag se Curriebekerhalfeindstryd teen die Goue Leeus in Bloemfontein uitdraf.

Die jong blits het sy knie sewe weke gelede, op 6 Augustus, beseer en met sy terugkeer op 23 September het ʼn kuitbesering toegeslaan Hy was sedertdien in ʼn wedloop teen tyd om vir die halfeind beskikbaar te wees.

Petersen vervang Rayno Benjamin. Voorlangs het die afrigter van die onoorwonne Vrystaat, Franco Smith, vir Paul Schoeman in die plek van Henco Venter gekies, en keer Torsten van Jaarsveld na sy afnaweek weer terug na die opdrafspan.

Die span –  

15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kapt.), 12 Nico Lee, 11 Raymond Rhule, 10 Niel Marais, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Johan Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Ox Nché. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Armandt Koster, 19 Henco Venter, 20 Tian Meyer, 21Fred Zeilinga, 22 Rayno Benjamin, 23 Conraad van Vuuren

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.