Cheetahs speel vonkelwynrugby teen Ulster

Rhyno Smith druk een van sy twee drieë teen Ulster. (Foto: Cheetahs/Twitter)

ʼn Mens kan verstaan waarom grapjasse soos Leon Schuster en Robbie Wessels die Vrystaatse Cheetahs ondersteun: Dit kan ’n fees wees om hul vonkelwynrugby te ondersteun!

Die Blikore het die naweek nege drieë teen Ierland se Ulster in hul Guinness Pro14-wedstryd in Bloemfontein gedruk om gemaklik met 63-26 te wen. Veral hul linkervleuel, Anthony Volmink, het so tussendeur die Ierse verdedigers baljaar en ’n driekuns van drieë gedruk.

Maar waar Volmink en Rhyno Smith (wat self twee drieë gedruk het) die blitsige sportmotors was, dan was Ruan Pienaar die Rolls Royce op skrumskakel.

Pienaar was in die kol met ’n rits doelskoppe en die Vrystaters het tans saam met Leinster tien ligapunte op Afdeling A se punteleer.

Puntemakers:

Cheetahs: Drieë: Anthony Volmink (3), Rhyno Smith (2), Joseph Dweba, Louis Fouché, Reinach Venter, Strafdrie. Doelskoppe: Ruan Pienaar (8).

Ulster: Drieë: Sam Carter, James Hume, David Shanahan, Craig Gilroy. Doelskoppe: John Cooney (3).

  • In Port Elizabeth het drie Munster-drieë in die tweede helfte gesorg dat besoekers die Southern Kings met 31-20 getroef het.

Onder die Munster-driedrukkers het die oudvoorspeler van die Blou Bulle en die Springbokke, Arno Botha, se naam getel.

Hoewel die Kings hard gespeel het, is dit hul tweede agtereenvolgende nederlaag in die reeks nadat hulle verlede naweek met vier punte teen die Cardiff Blues verloor het.

Puntemakers:

Kings: Drieë: Stefan Ungerer (2). Doelskoppe: Demetri Catrakilis (2). Strafskoppe: Catrakilis (2).

Munster: Drieë: Mike Haley, Alby Mathewson, Fineen Wycherley en Arno Botha. Doelskoppe: JJ Hanrahan (4). Strafskop: Hanrahan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Swartwolf ·

Vrystaat wys weereens hoekom hul CB kampioene is. En Joseph Dweba is nou die beste haker in SA, maklik. Stukke beter as Marx en Mbonambi.

Frans C ·

As dit pap reen moet jy skep,want met die meeste van die teenstanders by die wereldbeker gaan dit nie aanhou nie.

Vita ·

Joseph Dweba is ons beste hakker, Rassie het nie eers gekyk na die Cheetah se span nie, Dweba skrum sterk en sy lospel net so goed, kyk net hoeveel driee het hy al gedruk, hy moes n bok gewees het

Cheryl ·

Baie mooi gespeel Cheetahs! Hou net so aan, baie trots op julle

Herman Goosen ·

Skouspel rugby was nog nooit ‘n tekort aan Vrystaat rugby nie. Hul sukses hierdie seisoen is te wyte aan vyftien man rugby en ‘n beter balans tussen aanval en verdedig instede van bet jaag agter punte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.