Cheetahs stel nuwe afrigter vir Curriebeker aan

Die Cheetahs het ʼn nuwe afrigter in Franco Smith se plek vir die komende Curriebekerreeks bekend gemaak.

Smith is vroeër as een van die Springbokke se hulpafrigters aangewys, en rig steeds die Cheetahs in die Surperrugby-reeks af.

Die bond het Vrydag in Bloemfontein aangekondig dat sy rugbydirekteur, Rory Duncan, die leisels by Smith sal oorneem. Hy het in 2007 en 2008 Superrugby vir die Cheetahs gespeel en het die bond se Curriebekerspan in 2014 gebrei,

Smith sal steeds as raadgewer by die Curriebekerspan betrek word.

Sy broer, MJ, die afrigter van die Vrystaat-vyftiental in die Supersport-uitdaagreeks en die bond se o.21-span, word tot agterlynafrigter van die Curriebekerspan bevorder.

Laasgenoemde het Superrugby vir die destydse Cats gespeel, en Suid-Afrika A en die Opkomende Springbokke verteenwoordig.
Die res van die afrigtingspan bly onveranderd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.