Cheetahs verander agt ná slae teen Griekwas

Francois Venter- terug as kaptein. (Foto: fscheetahs)

Die Cheetahs het agt veranderings aangebring aan die opdrafspan wat onverwags teen Griekwas verloor het vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Blou Bulle.

Van die wysigings is deur beserings genoodsaak, maar beter nuus is die insluiting van die kaptein en senter, Francois Venter (in JW Jonker se plek) en Oupa Mohoje ( (in Henco Venter se plek) uit die Springbokkamp.

Behalwe Mohoje, is daar nog vier veranderinge aan die agttal.

Ox Nche vervang Edrich de Jager (bank toe) op loskop-, en Tom Botha vir Aranos Coetee op vaskopstut.

Daar is ʼn nuwe slotpaar in Rynier Bernardo en Gerhard Olivier wat Reniel Hugo en Niell Jordaan (voetbesering) vervang.

William Small-Smith het van sy harsingskudding herstel en vervang Ryno Benjamin op binnesenter, met Sergeal Pietersen wat regtervleuel speel, vanwaar Rosko Specman bank toe skuif.

Die bankspelers Dennis Visser en Ali Mgijima het nog nie Curriebekerrugby geproe nie.

Die span –

15. Clayton Blomemtjies, 14. Sergeal Petersen, 13. Francois Venter (kaptein), 12. William Small-Smith, 11. Makazole Mapimpi, 10. Ryno Eksteen, 9. Zee Mkhabela, 8. Jasper Wiese, 7. Oupa Mohoje, 6. Gerhard Olivier, 5. Rynier Bernardo, 4. Armandt Koster, 3. Tom Botha, 2. Jacques du Toit, 1. Ox Nche. Bank: 16. Erich de Jager , 17. Joseph Dweba, 18. Dennis Visser, 19. Henco Venter, 20. JP Smith , 21. Ali Mgijima, 22. Rosko Specman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.