Cheetahs verander net twee ná slagting

Die Cheetahs het net twee veranderinge aangebring aan die span wat met 15-45 teen die Sharks verloor het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.

Die losskakel Ernst Stapelberg maak sy Curriebekerbuiging vir die Vrystaters. Hy vervang Ryno Eksteen wat as veelsydige agterspeler na die bank toe skuif.

Marco Mason is in Reinhardt Erwee se plek van die bank af tot die opdrafspan se heelagter bevorder.

Marnus van der Merwe (haker) is nuut op die bank.

Die senter JW Jonker speel in sy 50ste wedstryd vir die bond. Hy het reeds in 96 Curriebekerwedstryde gespeel deurdat hy ook die Griffons (4), die Pumas (38) en Griekwas (5) verteenwoordig het. Dit het tot dusver 33 Curriebekerdrieë vir hom opgelewer.

Die span –

15. Marco Mason, 14. Carel-Jan Coetzee, 13. JW Jonker, 12. Steph Janse van Rensburg, 11. Luther Obi, 10. Ernst Stapelberg, 9. JP Smith, 8. Jasper Wiese, 7. Chris Dry (kaptein), 6. Junior Pokomela, 5. Dennis Visser, 4. Nicolaas Immelman, 3. Luan de Bruin, 2. Reinach Venter, 1. Johan Kotzé. Bank: 16. Marnus van der Merwe, 17. Andrew Kuhn, 18. Siba Qoma, 19. Daniël Maartens, 20. Fifi Rampeta, 21. Dian Badenhorst, 22. Ryno Eksteen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.