Cheetahs verander vier, kies SA A-vleuel

Die Cheetahs het vier veranderinge vir die Curriebekerwedstryd Saterdag teen die Westelike Provinsie aangebring in hul opdrafspan wat ver teen die Sharks gewen het.

Die enigste verandering agterlangs is die SA A-vleuel Makazole Mapimpi, wat sy buiging in die reeks sal maak, en wat die Springbok Raymond Rhule vervang.

Daar is twee veranderinge tussen die vaste vyf, waar Aranos Coetzee vir Tom Botha op vaskopstut vervang, en Justin Basson vir Carl Wegner op slot.

Neill Jordaan skuif van flank na agsteman om vir Oupa Mohoje plek te maak, en Henco Venter skuif bank toe.

Die span –

15. Clayton Blommetjies, 14. Rosko Specman, 13. Francois Venter (kaptein), 12. William Small-Smith, 11. Makazole Mapimpi, 10. Niel Marais, 9. Shaun Venter, 8. Niell Jordaan 7. Oupa Mohoje, 6. Uzair Cassiem, 5. Reniel Hugo, 4. Justin Basson, 3. Tom Botha, 2. Joseph Dweba, 1. Charles Marais. Bank: 16. Ox Nche, 17. Reinach Venter, 18. Rynier Bernardo, 19. Henco Venter, 20. Zee Mkhabela, 21. Rayno Benjamin, 22. Malcolm Jaer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.