Cheetahs verloor ʼn derde vleuel

Makazole Mapimpi – op pad na die Sharks (Foto: GB Jordaan)

Die Vrystaat, wat deur die jare meer spelers aan ander bonde verloor het as wat hulle aangekoop het, het pas nog drie terugslae beleef.

Twee daarvan is ironies spelers wat die Cheetahs van die Southern Kings gewerf het en wat ook nou uit Bloemfontein padgee.

Benewens die Springbokvleuel Raymond Rhule het hulle ook vir Sergeal Petersen aan die Westelike Provinsie/Stormers moes afstaan. Albei blitse het verlede week hulle laaste wedstryd vir die Cheetahs gespeel toe die Vrystaters in die laaste oomblikke die wedstryd teen Zebré met ʼn strafdoel beklink het, 24-23.

Hierdie twee vleuels – albei het vanjaar vir die Cheetahs ook op heelagter uitgedraf– word nou deur nog ’n voorste vleuel, Makazole Mapimpi, gevolg.

Mapimpi sluit hom by die Sharks aan wat reeds oor twee uitstekende vleuels, Kobus van Wyk en S’bu Nkosi, beskik.

Mapimpi, die voorste driedrukker in die Pro14, sal egter nog vanjaar vir die Cheetahs beskikbaar wees en sluit eers vir die Superreeks by die Sharks aan.

Die Sharks het ook die stokou nuus amptelik bevestig dat die WP en Stormers se losskakel Robert du Preez aanstaande jaar vir hulle sal speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Callie ·

Wie gaan huil oor Rhule of Peterson. Buitendien geen verdediging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.