Cheetahs verniel Pumas, steeds bo

Rayno Benjamin (Foto: ur7s.com)

Rayno Benjamin (Foto: ur7s.com)

Die Cheetahs het hul eerste plek op die Curriebeker-punteleer behou deur die Pumas Vrydag in die Mbombela-stadion in Nelspruit te verniel.

Hulle het die kragmeting 52-10 gewen.

Die tuisspan was nooit `n bedreiging vir die Vrystaters nie en die besoekers was rustyd reeds 31-3 voor.

Die Blitsbok en Cheetahs-vleuel Rayno Benjamin het `n driekuns drieë behaal, en die losskakel Niel Marais het tien punte met vyf doelskoppe aangeteken.

Francois Venter, die Vrystaters se kaptein, het sy terugkeer na die span met `n drie gevier. `n Kuitbesering het hom sedert middel-Augustus van die veld gehou.

Al is dit voorlopig te laat, is daar diegene wat glo `n fikse Venter kan help om die Springbokke se gesukkel in die middeveld te genees.

Die punte –

Pumas 10 (3) – Drie: Frank Herne. Doelskop: Heinrich Steyl. Strafdoel: Francois Brummer

Cheetahs 52 (31) – Drieë: Rayno Benjamin (3), Uzair Cassiem, Paul Schoeman (2), Francois Venter, Elandré Huggett. Doelskoppe: Niel Marais (5), Fred Zeilinga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.