Cheetahs maak 4 wysigingswysig vier ná loesing teen Griekwas

JW Jonker – 100ste Curriebekerwedstryd. (Foto: Vrystaatse Cheetahs)

Die Cheetahs het vier veranderinge en twee posisionele skuiwe aangebring aan die opdrafspan wat deur Griekwas gelooi is, vir die Curriebekerwedstryd Vrydag in Bloemfontein teen die Blou Bulle.

Reinach Venter haak, Joseph Dweba is op die bank en Luan de Bruin vervang die beseerde Erich de Jager as vaskopstut.

Die kaptein, Chris Dry, dra die nommer 6-trui in Daniel Maartens (bank toe) se plek, om vir Nicolaas Immelman aan die ander kant van die skrum plek te maak.

JW Jonker neem Vuyani Maqina se plek op linkervleuel in en dié skuif na regs in Cecil Afrika se plek.

Jonker speel in sy 100ste Curriebekerwedstryd (hy het ook die Griffons, die Pumas en Griekwas verteenwoordig), en Clayton Blommetjies in sy 50ste (hy het ook vir die Blou Bulle gespeel).

Die span –

15. Clayton Blommetjies, 14. JW Jonker, 13. Ali Mgijima, 12. Lloyd Greeff, 11. Vuyani Maqina, 10. Robbie Petzer, 9. Zee Mkhabela, 8. Jasper Wiese, 7. Chris Dry (kaptein), 6. Nicolaas Immelman, 5. Carl Wegner, 4. Dennis Visser, 3. Luan de Bruin, 2. Reinach Venter, 1. Johan Kotzé. Bank: 16. Joseph Dweba, 17. Gunther Janse van Vuuren, 18. Andrew Kuhn, 19. Jeremy Jordaan, 20. Daniel Maartens, 21. JP Smith, 22. Stephan Janse van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.