Cheika kies 18-jarige vir Wallabies-oefengroep

Die Wallabies se afrigter Michael Cheika het ses nuwelinge, insluitende ʼn knaap wat in Maart eers 18 geword het, in sy oefengroep van 36 spelers vir die Rugbykampioenskap gekies.

Jordan Petaia, ʼn veelsydige agterspeler wat verkies om heelagter te speel, maar in sy 11 wedstryde vir die Reds ook as senter en vleuel ingespan is, weeg 98 kg en is 1,93 m lank.

Dit lyk nie of hy nou al vir die Wallabies sal speel nie, maar Cheika wil hom graag by die oefengroep betrek om ondervinding op te doen en ʼn gevoel vir internasionale rugby te ontwikkel.

♦ Cheika het vir Matt Toomua,wat die afgelope Europese seisoen vir Leicester gespeel het, gekies. Dié senter/losskakel is nou by die Rebels gekontrakteer. Hy het reeds 33 toetse vir die Wallabies gespeel.

♦ Die afrigter het nog ʼn “wegloper”, Pete Samu, wat vanjaar vir die Crusaders in die Superrugby-reeks gespeel het, by die oefengroep ingesluit. Samu het Saterdag van die bank af teen die Lions gespeel.

♦ Die Wallabies se kaptein, Michael Hooper, se rehabilitasie sal tydens die oefenkamp voortgesit word nadathy in die derde toets teen Ierland met ʼn dyspierbesering van die veld is. Will Genia is ook in die oefengroep ná hy sy arm in die tweede toets teen Ierland gebreek het.

♦ Cheika het vier hakers gekies, insluitende die 33-jarige veteraan Tatafu Polota-Nau wat vir die Junie-toetsreeks teen Ierland ruskans gekry het.

Wallabies se oefengroep ‒

Agterspelers

Tom Banks, Kurtley Beale, Israel Folau, Bernard Foley, Will Genia, Dane Haylett-Petty, Reece Hodge, Marika Koroibete, Jack Maddocks, Billy Meakes, Sefa Naivalu, Jordan Petaia, Nick Phipps, Joe Powell, Curtis Rona, Matt Toomua.

Voorspelers

Jermaine Ainsley, Allan Alaalatoa, Rory Arnold, Adam Coleman, Folau Faingaa, Ned Hanigan, Michael Hooper (kaptein), Sekope Kepu, Tolu Latu, Brandon Paenga-Amosa, David Pocock, Tatafu Polota-Nau, Tom Robertson, Izack Rodda, Pete Samu, Rob Simmons, Scott Sio, Caleb Timu, Lukhan Tui, Taniela Tupou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.