Cheika verras met fikse Folau vir Wallabies-stryd

Michael Cheika – verras met Israel Folau op vleuel.

Die Wallabies se twee voorste spelers, Israel Folau en David Pocock, is terug in hul beginspan, maar hul afrigter, Michael Cheika, het vir ʼn taamlike verrassing met eersgenoemde se insluiting gesorg.

Nadat dié twee spelers op die nippertjie teen die Springbokke moes onttrek, het Cheika besluit om Dane Haylett-Petty op heelagter te behou vir Saterdag se toets teen Argentinië aan die Goue Kus. Folau sal nou in Haylett-Petty se gevestigde posisie vleuel speel.

Of dit nie afbreuk sal doen aan Folau se aanvalsvermoë van agter af nie, sal gesien moet word.

Kurtley Beale bly op losskakel en Bernard Foley op die bank.

♦ Argentinië het drie veranderinge vir die toets aangebring. Een daarvan is op stut nadat hulle veral in die skrums deur die All Blacks uitmekaar gehaal is.

Die vaskopstut Santiago Medrano vervang vir Garcia Botta en die steelkantflank Pablo Matera is terug in die plek van Tomas Lezana. Die skrumskakel Gonzalo Bertranou keer terug na die opdrafspan en Martin Landajo skuif weer bank toe.

Die spanne ‒

Australië
15 Dane Haylett-Petty, 14 Israel Folau, 13 Reece Hodge, 12 Matt Toomua, 11 Marika Koroibete, 10 Kurtley Beale, 9 Will Genia, 8 David Pocock, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Lukhan Tui, 5 Izack Rodda, 4 Rory Arnold, 3 Allan Alaalatoa, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Scott Sio. Bank: 16 Folau Fainga’a, 17 Sekope Kepu, 18 Taniela Tupou, 19 Adam Coleman, 20 Pete Samu, 21 Nick Phipps, 22 Bernard Foley, 23 Jack Maddocks.

Argentinië
15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Moroni, 12 Jeronimo de la Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolas Sanchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6 Pablo Matera, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti, 3 Santiago Medrano, 2 Agustin Creevy (kaptein), 1 Nahuel Tetaz Chaparro. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Santiago Garcia Botta, 18 Juan Pablo Zeiss, 19 Matias Alemanno, 20 Juan Manuel Leguizamon, 21 Martin Landajo, 22 Bautista Ezcurra, 23 Juan Cruz Mallia.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.