Cheslin wil na Tokio terugkeer

Cheslin Kolbe. (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Cheslin Kolbe het vir Wêreldrugby aan sy voete gehad met sy flinke pypkanlopies by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Nou mik die 26-jarige om volgende jaar na Tokio terug te keer.  Maar dié keer in die kleure van die Blitsbokke.

Kolbe is vroeër die week as die Franse koerant Midi-Olympique se wêreldspeler van die jaar aangewys. Ander spelers wat in hierdie kategorie benoem is, is die Fransmanne Antoine Dupont en Damian Penaud.

In ’n onderhoud het die vlugvoetige Springbok gesê dat hy vir Toulouse en die Springbokke na die beste van sy vermoë wil verteenwoordig en dat hy wil hê ondersteuners moet trots wees op die twee spanne en op hom.

Maar toe laat val hy ’n brokkie interessante nuus.

“Ek hoop om Suid-Afrika se nasionale sewesspan – die Blitsbokke – by die Tokio Olimpiese Spele in 2020 te verteenwoordig,” het hy gesê.

Kolbe het laas in die 2016-’17-seisoen vir die Blitsbokke gespeel en was deel van Neil Powell se span wat in 2016 die bronsmedalje by die Rio Olimpiese Spele gewen het.

  • Die Tokio Olimpiese Spele begin op 24 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

3 Kommentare

Skeidsregters ·

Kolbe het gewys dat hy as rugbyspeler briljant is en sy span gehelp het om die beste in die wereld te wees. Wat is dan fout met ons sokkerspelers wat as span omtrent nooit iets bereik nie ? Wys dit nie dat al het jy al die geleenthede in die wereld , jy nie altyd verskonings moet soek en die vorige regering se sportbeleid moet blameer vir jou mislukkings nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.