Chiefs vee die vloer met Bulls

Foto: Frans Lombard/ANA

“Hoooouuuu by die Blooooouuu!” is ’n kreet wat die afgelope ruk gereeld op Loftus Versfeld (en selfs op Emirates Airline Park) gehoor is.

Maar vandag is selfs die stoerste Bulls-ondersteuner stil nadat die Chiefs sewe drieë gedruk het om met 56-20 in Pretoria te wen.

So goed soos wat die tuisspan teen die Stormers, Lions en Sharks was, so minder indrukwekkend was hulle teen die besoekende Nieu-Seelandse span. Toegegee, die meeste SA spanne sou waarskynlik gesukkel het om vir die Chiefs in dié bui kers vas te hou.

Die Nieu-Seelanders het vóór vandag nog nie een wedstryd gewen nie, maar hulle het soos ’n kampioenspan teen die Bulls gespeel.

Damian McKenzie was op sy All Black-allerbeste en die Pretorianers het geen antwoord vir hom gehad nie. Dan was Brodie Retallick op genadeloos en hy het gewys waarom hy een van wêreldrugby se voorste voorspelers is.

Om eerlik te wees, die Chiefs was net hopeloos te goed vandag.

Foto: Frans Lombard/ANA

Hulle was blitsvinnig op die aanval en het vir die Bulls-verdedigers geen kans gegee om hulself te organiseer nie. Dan is Handre Pollard hoegenaamd nie toegelaat om die wedstryd vanuit sy losskakel-posisie te dikteer nie.

McKenzie was suksesvol met nege stelskoppe en die Chiefs het gereeld punte aangeteken. Daarteenoor het die Bulls hul eerste drie eers in die 63ste minuut gedruk toe Jesse Kriel oorgetuimel het.

In ’n stadium het Retallick na hartelus met die bal gehardloop, terwyl die Bulls-verdedigers letterlik na sy trui gegryp het om hom te stuit.

Die Bulls het tot op hede vanjaar die septer teen Suid-Afrikaanse teenstand geswaai, maar vandag was hulle truigrypers teen die Chiefs.

Soos talle sofapôkkel-kenners tereg opgemerk het: “Die Bulls het nog nie teen Nieu-Seelanders gespeel nie”.

En goeiste, hulle het gesukkel.

Pote Human se span het egter vanjaar reeds gewys dat hulle veel beter is as vandag se vertoning. Net so het die Chiefs ook al gewys dat hulle veel swakker as vandag kan vertoon.

Puntemakers:

Chiefs: Drieë: Solomon Alaimala (2), Alex Nankivell (2), Brodie Retallick (2), Te Toiroa Tahuriorangi. Doelskoppe: Damian McKenzie (6). Strafskoppe: McKenzie (3).

Bulls: Drieë: Jesse Kriel, Burger Odendaal. Doelskoppe: Handre Pollard (2). Strafskoppe: Pollard (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Manie ·

Die woord wat ek wil gebruik hoe die Bulls speel kan ek nie op die forum gebruik. Ek was oppad Loftus toe maar is baie dankbaar dat iets voorgeval het en ek nie my geld gemors het op sulke rugby. Wat slim rassie ook al sê ek dink kwotas sny nou diep in ons sport. Ek dink ons moet NZ en Australië verplig om kwotas te speel sodat ons darem ook n kans het

Johan ·

Nee wat die Bulle gaan nog 10 jaar vat om reg te kom. Loftus is nou “The House of Pain!” Eers het die persoon wat nou die afkondigings op Loftus Versveld n mens geirriteer met sy stem en die disk joggie met sy swak musiek en toe kom die flou Bulle op en verneder ons toeskouers op Loftus Versveld teen ons aardsvyande wat van die land met die silver varing kom. Dan het ek nog nie eers gepraat van die Bulls Babes nie wat die swakste in jaare vertoon, met lelike kleur skakering en poppe wat nie naastenby so goed is as in die 1990’s nie. Volgens my moet hulle die pad vat asook Vodacom met hulle rooi reklame borde en Loftus moet weer Blou word!!!!!

Renier ·

Die kwotas kan gevul word deur ‘n spul Maoris en Suidsee eilanders te huur.

Ilze ·

Ons was self daar. Dankie tog nie vir kaartjies betaal want dan sou daai manne meer as n speech van my gekry het. Hulle het die Chiefs soooo onderskat en seker gedink die game was in die sak. Die was baie swak

Kiewiet ·

Soos ek gese het, het gebeur. Sodra die Bulls saam met die groot honde begin hardloop val hulle uit die bus uit.

bolla ·

Om met 50 punte op jou tuisveld te verloor is darem wragtig ‘n spesiale soort vrot. Wat ‘n skande is die nulle nie vir SA Rugby nie, sies.

SjN ·

Bolla, trek 20 af, dis beter as 40 en 0 , Stormer game, jou geheue is kort

Swartwolf ·

@ligter swartwolf: kyk ligter die realiteit is ek is al 25 Jr ‘n blou bul ondersteuner…..maar kyk feite is feite.

Swartwolf ·

@bolla: en die skande vir SA rugby het 40 op die stompies gesit. Soos Steve se – go figure……

Thys ·

En waar bly al die nulletjie supporters????????? Hulle bly stil hoor……. Dood still!!!!!!

Ai ·

En jy is sekerlik n windtjie ondersteuner met so groot mond…Moet ek jou herhinner die suur wintjies het ook verloor…Moet se hul het darem nie te sleg gespeel nie. Ek was nogal beindruk en ek is n bul ondersteuner.
Die Blou balle het swak gespeel letterlik en figuurlik..Dit maak n man regtig lam en die hoop vir die toekoms lyk maar vrot..
Nee wat Bulletjies nie goed genoeg nie,julle maak my naar met sulke swak spel veral op jul tuisveld!!!! Waar is julle trots man!!!..As jul nie passop nie word julle soos die Sunwolves volgende uit die kompetisie gegooi…

Babertondaisy ·

Thys ja dis so. Dink as die weer probeer gespeel het was dit 60 op hulle want hulle het met 40 teen die bulls gebloei. Weer verloor vandag nadat hulle halftyd voor was nou dis ‘n skande ……..die super rugby reeks sal klaarmaak die jaar met die stompies se super rugby titles = 0. Net soos die afgelope 20 Jr……hahaha.

Afrikaan ·

Jy weet Thys, jy, bolla en ander mis steeds die groter prentjie. Ek’s ‘n Bull ondersteuner en ja ek is stil; nog ‘n Kiwi span het my stil gespeel. Maar ek was net so stil oor die loesing wat die Stormers destyds gekry het en die gelukkige wen van die Lions teen die Rebels gewen het. Feit is alle SA rugby is kommerwekkend swak. Geen trots, geen bestendigheid, geen skills, geen kapteins…. ons is kniediep in die moeilikheid en dis hoekom baie van ons stil is.

Afrikaan ·

Ons is hier Thys. Ons is net stil omdat dit moeilik is om te aanvaar hoe vrot SA rugby in totaliteit is. Ons is baie stil oor die Loftus debakel en totale gebrek aan talent. Ons is stil omdat die Stormers dit nie kon regkry om af te rond teen die Hurricanes nie. Ons is stil omdat die Lions en Sharks net damn gelukkig is om te wen. Ons is stil want met WB maak SA rugby ons name weer gat. Kan jy dalk anders hieroor voel?

Hennie ·

Hulle het ons van die veld af gespeel ons is maar net net nie opgewase teen oorsee se spanne nie. HOOP die ander SA spanne kan dit doen . Die Stomers kon was net ongelukig .

Thys ·

Afrikaan, bly jy sien dit ook so… veral jou stelling oor die WB. Nie almal van ons glo die ANC of die kaders wat hulle aanstel in afrigtings poste, om so doende swakelinge in te druk war hulle nie hoort nie.Sterkte vir die res van die super rugby seisoen ,veral teen NZ spanne !!!!!! Sien nog baie tellings soos die kom.

Hendrik UAE ·

Nou maar 2 weke terug het die Bul ondersteuners dan al die beker gewen gehad?Eish raak maar gou weer nederig ne? Vingerwysing na SA rugby? Ek dink die lee paviljoene spreek vanself.

Cape Fear ·

Baie komieklik hoe die Stormer ondersteuner, hier kom gal braak oor die skandelike Bulle, maar skitter in sy afwesigheid by die Stormers se berig.
Sit jou geld waar jou lippe loop anders vra almal hier: “Waar bly die Stormers?”
Die Stormers bly STIL!

Michael ·

Hendrik ek stem saam. Ons is almal gou om kwaad te raak oor ons spanne wat net nie die mas kan op kom teen die N Z. spanne nie. Dit is waar kyk hoe lyk die paviljoene. En die verskil is die oorsee se spanne is politiek vry. Ons sport lyk soos die land Nog n ANC projek.

Babertondaisy ·

Bolla die stompies het ‘n GROTER pakslae teen die bulle gekry. En gister ‘n halftyd voorsprong weggesmyt om teen ‘n mak hurricane spannetjie te verloor.

Michael ·

Ja en die bulle se pak gister by die huis teen die bottom of the log Die blou bul ondersteuners was seker bly die wedsryd is gespeel deur beurtkrag .dan sien jy nie die gemors nie.

Smirre ·

@Michael betaal jou elektrisiteitsrekening gister was daar nie beurtkrag nie.

Frans C ·

Mens kon duidelik sien dat toe die Bulle nie voorlangs die oorhand kon kry nie en Vermuelen van die veld af is,die span in sy ou patroon verval het en die bal doelloos begin veld af skop het.

Dit was so reg in die Chiefs se kraal en het hul instaat gestel om 7 drieë teenoor twee te druk.Daar was geen verskoning vir die taktiek nie en ongelukkig was Pollard een van spelers wat hom hieraan skuldig gemaak het.

Dit bewys maar meer dat wedstryde voorlangs gewen word en as jy daar sukkel,sukkel jy agterlangs ook.

Babertondaisy ·

Bolla spog tog met iets wat die stompies GEWEN het nie met ander spanne se verloor nie. Maar dan is die nuweland trofee kassie maar leeg van super rugby koppies ne…?

George in Bloem ·

Die ou siekte van SA rugby steek weer al hoe meer gereeld oral sy kop uit en dit is die onnosele doellose wegskop van besit. Voeg daarby ‘n goeie dosis “affirmative action” & quotas en voila! Say no more. En die wereldbeker is om die draai. Ai tog,behoede ons

Phil ·

Dit is wat gebeur wanneer jy poletiek en n ander godsdiens betrek en eer met jou span. Eienaardig dat die Crusaders en Highlanders ook verloor het. Hul het verkies om nie verlede Saterdag te speel nie en die Crusaders besin om moontlik hul naam te verander omdat n ander idioot (wat nie n Christen is nie) mense vermoor het…….

Hendrik UAE ·

In my jonger dae wou ek iets oorkom as my span ( Natal) verloor. My mense het party Saterdae nie ge eet nie want ek was te kwaad om te braai. Een ding wat die ANC goed gedoen het was om my hiervan te genees. Met hulle inmengery pla die rugby my nie meer nie, Ek sal nou en dan n wedstryd kyk en as die SA spanne aanjaag loop lees ek boek of spandeer tyd saam die kleinkinders. Wragtag is rugby nie meer my afgod nie en ek draai nie meer by hartaanvalle nie.Maar dit bly SEER om my gunsteling sport so te sien tot niet gaan.

eugene ·

Mnr Hendrick , jy praat waar ek het in die 80’s en 90’s groot geword die senuwees het al vroeg in die week begin knaag as Wp teen die Bulle en ander groot spanne moes speel. Vandag stel ek glad nie meer belang nie . Maar soos jy se dit maak Seer. Eens trotse rugby unies wat wereld wyd geag was is nou die grap in wereld rugby.

Smirre ·

@Michael betaal jou elektrisiteitsrekening gister was daar nie beurtkrag nie.

Michael ·

Verskoon my. ons het beurt gehad. Ek het vergeet die noorde is nie deel van die land nie LOL.

kolla ·

Na gister mag daai skandelike deel van SA nie meer toegelaat word nie. Skande vir die hele land, behoort meer broeders van Mamelodi in te kry om die situasie te probeer beredder.

Thys ·

Afrikaan,ek mis niks van jul rugby prentjie nie!!!!!! Lankal nie meer nie.Het tot in my kleintoontjie lekker gekry…..Eens n Sader, altyd een!!!!!!Nag ou groote.

bolla ·

Maar jy mis darem ons rugbystories op ‘n SA nuusblad né? Los ons uit man, jy is mos nou ‘n trotse NZ’er. Gaan lees die NZ Herald en lewer kommentaar op die Silver Fern saam met jou “mates”.

Al ·

@Bolla. Ek kan nie glo, jy van almal, vat die NZ aan nie!! Jy is kronies altyd besig om op die Leeus en Bulls berigte gal te braak en negatiewe kritiek te lewer. Ek gaan vir jou dieselfde kommentaar gee: “Gaan lees die suiderwindjie berigte en lewer jou kommentaar daar saam met al jou ander galbrakers”. Nog geen kommentaar gelewer by die stormers artikel nie – ag nee man.

Babertondaisy ·

@AL: Dis maar sy styl daai. Dink dis kraantjie wat praat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.