CJ nie in Britse Leeus se eerste 23-tal nie

Vir Suid-Afrikaners en ook vir Munster se ondersteuners sal daar die teleurstelling wees dat CJ Stander nie vir Saterdag se eerste toerwedstryd van die Britse en Ierse Leeus in Whangerei teen die Provinsiale Barbarians gekies is nie.

Al drie losvoorspelers in die beginspan is van Wallis, wat deur die toerspan en ook Wallis se breier Warren Gatland afgerig word. Die plaasvervanger is Tadgh Furlong.

Die span word aangevoer deur die toerkaptein Sam Warburton, een van hierdie vier Walliese losvoorspelers. Daar is nog drie toetskapteins in die Leeus se span vir die wedstryd.

Hulle is Ierland se Rory Best, Alun Wyn Jones van Wallis, en Greig Laidlaw van Skotland, wat laat in die toerspan ingesluit is ná ʼn onttrekking.

Die plaaslike span sluit Gatland se seun Bryn op losskakel in. Bryn, wat vanjaar sy debuut vir die Blues gemaak het, is een van talle spelers met Superrugby-ervaring in die span wat uit die sogenaamde semi-provinsiale reeks van Nieu-Seeland gekies is.

Hulle het eers Sondag saamgetrek en sal, soos hierdie soort spanne gereeld ervaar, seker sukkel met hulle samespel teen ʼn verwagte veel beter span.

Die spanne –

Provinsiale Barbarians: 15 Luteru Laulala, 14 Sam Vaka, 13 Inga Finau, 12 Dwayne Sweeney, 11 Sevu Reece, 10 Bryn Gatland, 9 Jack Stratton, 8 Mitchell Dunshea, 7 Lachlan Boshier, 6 James Tucker, 5 Keepa Mewett, 4 Josh Goodhue, 3 Oliver Jager, 2 Sam Anderson-Heather (kapt.), 1 Aidan Ross. Bank: 16 Andrew Makalio, 17 Tolu Fahamokoia, 18 Marcel Renata, 19 Matt Matich, 20 Peter Rowe, 21 Richard Judd, 22 Jonah Lowe, 23 Junior Ngaluafe.

Britse en Ierse Leeus: 15 Stuart Hogg, 14 Anthony Watson, 13 Jonathan Joseph, 12 Ben Te’o, 11 Tommy Seymour, 10 Johnny Sexton, 9 Greig Laidlaw, 8 Taulupe Faletau, 7 Sam Warburton (kapt.), 6 Ross Moriarty, 5 Iain Henderson, 4 Alun Wyn Jones, 3 Kyle Sinckler, 2 Rory Best, 1 Joe Marler. Bank: 16 Jamie George, 17 Mako Vunipola, 18 Tadgh Furlong, 19 George Kruis, 20 Justin Tipuric, 21 Rhys Webb, 22 Owen Farrell, 23 Jared Payne.

Afskop: Saterdag 09:35 (TV-uitsending op SuperSport1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jen ·

Die spelers wat in die Britse en Ierse Leeus toergroep is wat vir hul afsonderlike klubs (Wasps, Exeter Chiefs, Scarlets en Munster) laas Saterdag in die finale gespeel het kon nie in aanmerking geneem word vir die naweek se span nie, aangesien hulle eers Maandag by die groep aangesluit het.

Tadgh Furlong is dus ook n plaasvervanger stut..en nie deel van die los trio nie.

Wim van der Berg ·

Verskoning. Justin Tipuric is natuurlik die plaasvervanger-losvoorspeler – en hy is ook van Wallis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.