‘Coetzee se dae getel’

Allister Coetzee. Foto: AP Photo/Natacha Pisarenko

SA Rugby se geduld met Allister Coetzee se gebrek aan sukses is klaarblyklik op.

Die Springbokafrigter sal volgens koerantberigte in Suid-Afrika en ook oorsee ná die huidige jaareindtoer van die Bokke gepos word. Dit blyk dat harde woorde ná die wedstryd in ʼn gesprek tussen Coetzee en die president van SA Rugby, Mark Alexander, geval het.

Maandag se Business Day sê “Coetzee in line for the boot” en die Sunday Times het ook berig dat Coetzee se dae as Bokafrigter getel is.

Coetzee het sy eie saak allermins bevorder in die terugvoering oor die wedstryd aan die media.

“Ek kan nie insien dat iets soos hierdie in ʼn kort tydjie sal verander nie,” het hy erken.

Toe het hy egter besef wat hy gesê het en voortgegaan: “Ons moet hieruit leer en terugkom en verbeter. Ons het onsself en ons ondersteuners teleurgestel en ons neem volle verantwoordelikheid daarvoor.

“Dit is moeilik om te verklaar en ons kan niks positiefs daaruit haal nie. Ons het egter drie wedstryde gedurende die toer oor om terug te veg.”

Coetzee sê ná die 57-0-loesing teen die All Blacks “het ons teruggeveg en ek is seker ons sal weer so maak”.

Die span speel nou oor die volgende drie naweke teen Frankryk, Italië en Wallis en daar is ʼn realistiese siening dat die Bokke verdere neerlae sal ly tensy daar ʼn dramatiese verbetering in hulle akkuraatheid met uitvoering en benadering is.

Die slegte nuus vir die Springbokke is dat daar nie werklik tyd is om sake om te keer nie.

Hulle het boonop die vaskop Coenie Oosthuizen verloor wat op pad terug is na Suid-Afrika ná ʼn ernstige kniebesering wat hy Saterdag opgedoen het. Daar is ook onsekerheid oor Pieter-Steph du Toit, wat harsingskudding in die wedstryd opgedoen het, se beskikbaarheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris Ws ·

Stuur die HELE span terug huistoe en dank almal by springbok rugby,spelers veral,af.Einde van ‘n era.

pieter ·

DAAR KAN NIE NET EEN PERSOON VERANTWOORDELIK WEES NIE .DIE SPAN DIE AFRIGTER EN POLITIEK SPEEL NROL.

Ben Spreeth ·

n Mens kan eers n besluit neem as politiek verwyder word, maar nie terwyl die man elke wedstryd 9 wit, 4 bruin en 2 swart spelers kies nie. Hy het dieselfde verhouding gebruik by die Stormers. Ek het hul elke keer getel. Dis oor hierdie bereidwilligheid wat hy Springbokafrigter geword het. As hulle hom fire sou ek se kry vir jou, maar dit is in opdrag van SARU.

Koos ·

Aan die “ou einde van die dag” (om ‘n Naas Botha-isme te gebruik) is daar een ou wat pa moet staan vir die debakels van die afgelope tyd in Springbok rugby-geledere: Toetie Coetzee. Hy is verantwoordelik vir die ontbrekende wedstrydplan, hy is in beheer van die afrigting, en hy kies die spelers (hulle kies nie hulself nie).
Die man tel eenvoudig nie in dieselfde geledere as ander afrigters van nasionale rugbyspanne nie. Inteendeel, Toetie kwalifiseer nie eens as afrigter van ‘n Curriebeker-span nike.

james ·

Hoop die bokke kry slae in al hul wedstryde…..dis al hoe ons regtig van coetzee ontslae gaan raak.

Josua Keys ·

Daar is net een oplossing, bring dadelik vir Johan Ackerman terug en gebruik Swys as hulp afrigter en die res van die Leeus se fiksheids afrigter, gee hom n “blank Cheque” en hou politiek uit die verkising van spelers vir volgende jaar, en ja dit is so dat ek glo die meeste van die spelers sal uit die leeus span bestaan maar die res wat hy sal kies sal hy op “peformance” kies nie op wat die sport minister wil hê nie. Ek persoonlik dink die ouens speel lank al vir die geld en nie meer vir die trots van die spel nie en dit maak ons rugby seer net om twee spelers uit te sonder, Ackker van der Merwe en Kwagga smit is Springbok gehalte, skuus ek moet ook noem Robert Du Preez moes lankal die groen en goud oor sy kop getrek het, ek vergelyk hom met Barret n outjie wat dink op sy voete en dit is van n Leeu onderstener. Sorry Allister dit is tyd om te gaan hoe gouer hoe beter!

Chris du preez ·

SA rugby gaan Coetzee pos en dan seker Zwandile Stick afrigter maak. Al wat SA rugby moet doen is om nou van die Springbok embleem ontslae te raak want dit is n vernedering vir die Sprinbok om so te verloor maak dit maar eerder die protea

Hennie ·

Ha ha ha jou idee is dalk edel maar behalwe Marx is die res van die Lions spelers in span ook maar so so en Ackerman het nie die SR titel gewen met die spelers nie so geen rede dat hy sal sukses behaal maak nie saak wie die bokke afrig nie hulle sal al hoe vrotter word.

Niklaas ·

…en as daar ontslae geraak word van Toetie , wie neem oor ? Die arme volgende knaap sal presies dieselfde vaar want daar moet voor politieke besluit gebuig word. Geen oplossing in SA.

Rianto ·

AC moet pa staan. Hy wou nie die twee Ruans kies nie en o ala daar le die ding!! Die beste van alles is hy hou aan se hulle leer…. nou ja as jy so baie moet leer. Wat maak jy daar… leer eers voor jy daar kom…

Stuur hom terug VC toe dat hy daar gaan leer…

pbotha ·

Toetie is n klein probleem in die hele opset…1. Kwotas gaan nooit sukses bring nie…kies alle kleure op meriete…wit en swart. 2. Kry n oorsese afrigter…ons kort nuwe benaderings en afrigtingstegnieke…ons het die spelers. 3. Kies spelers in vorm en in posisie. Met respek…ek kan die hele Bok agterlyn nou vervang met beter spelers in SA. 4. Die huidige spelers is 3e of 4e beste in hul posisies. Die res speel oorsee…kies hulle!!!! 5. Spelers word reeds op skoolvlak oogeraap deur Franse en ander klubs…hoe behou en ontwikkel ons hierdie oukies? 6. Kies om te wen…basta met al die ander bog. 7. Kry n ander reeks as due Superreeks om in te speel…ons spelers stagneer 8. Maak Currybeker weer die prestige reeks…die huidige swak prestasies in die CB is deel van ons ondergang. Sela…ek het klaar Springbok rugby gekyk ?

What a joke! ·

Ac is maar net een Probleem,hy is uit sy diepte !Die wortel van die kwaad le diep gesetel in politieke inmenging en die clueless liberale fat cat administrateers….Slegs as die hele kanker uitgesny word sal dinge verbeter…wats die kanse?

corne ·

pos hom al voor die tyd laat mens wonder wie nou regtig die wp afgerig het

Ben Niemand ·

Ek is nou nie ‘n arbeidsreg kenner nie, maar volgens persoonlike ondervinding moet jy iemand eers ‘n paar skriftelike waarskuwing gee en ‘n verhoor hou voordat jy iemand hom/haar ontslaan uit sy haar werk… :D :D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.