Coetzee tevrede met eerste Bok-oefenkamp

springbok-logo-croppedDie Springbokafrigter, Allister Coetzee, is tevrede met die eerste Springbok-oefenkamp wat Dinsdag ten einde geloop het.

Die eerste van drie oefenkampe is van Sondag tot Dinsdag in Johannesburg gehou, waar Coetzee hom kon vergewis het van die fiksheid en kondisionering van 41 spelers wat hy in die oog het om vanjaar vir Suid-Afrika uit te draf.

Coetzee het gesê die oefenkamp was ’n groot sukses omdat die genooide spelers hulle in goeie fiksheidspeil aangemeld het. Hy het ook die afrigters van die franchise’e bedank vir die vlak van die spelers se vaardighede.

“Die samewerking tussen die verskillende partye betrokke is beslis ’n gevolg van die drie afrigtingsindabas wat gehou is,” het Coetzee gesê.

Spelers van die Sharks en die Kings, wat die afgelope naweek in Superwedstryde in onderskeidelik Australië en Singapore betrokke was, was nie by die oefenkamp betrokke nie.

Die Lions se spelers wat genooi is, was net tot Maandag deel van die kamp, aangesien hulle die komende naweek in Argentinië teen die Jaguares te staan kom.

Die kamp was ook die eerste keer wat Coetzee en sy versterkte afrigtingspan, met Franco Smith wat die agterlyn in die plek van Mzwandile Stick se plek gaan brei, met van die spelers te doen gekry het.

’n Speler soos die Stormers-voorryman, Wilco Louw, wat ook by die eerste oefenkamp was, het in die laaste paar maande groot opgang gemaak en het die Springbokstut, Frans Malherbe uit die Stormers se beginspan gehou.

Twee soortgelyke oefenkampe sal in die volgende twee maande gehou word, waar Coetzee hom vir oulaas sal kan vergewis van die stand van die spelers wat vanjaar Suid-Afrika se eer op die rugbyveld moet red.

Die Springbokke speel in Junie drie toetse tuis teen Frankryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaybee ·

Coetzee gaan dieselfde spelers as verlede jaar afrig, waarmee hy nie sukses kon behaal nie. Die vorm van die spelers huidiglik is te danke aan die spanne se afrigters en hy gaan hulle weer van vorm af afrig.

MANIE ·

Hoop net nie hy dis dieselfde gemors as laasjaar op. Alhoewel ek twyfel of hy enigsens beter gaan presteer. Die man het mos nie prestasie klousules in sy kontrak. Net n vet BEE salaris.As jy kyk waarheen rugby beweeg en waarheen die rassistiese anc dit wil vat is hy maar net n kwota afrigter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.