Combrinck speel nie weer in Rugbykampioenskap

Springbokke_vs_Ierland_Ellispark_18Jun16_GBJordaan.jpg

Ruan Combrinck op pad na sy eerste toetsdrie teen Ierland (Foto: GB Jordaan)

Die Springbokvleuel Ruan Combrinck is Saterdag in die Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië sewe minute voor rustyd gedwing om die veld met ʼn beenbesering te verlaat.

Daar is later vasgestel dat Combrink sy fibula gekraak het.

Combrink sal sowat ses weke van die veld wees. Dit is dus onwaarskynlik dat hy weer in vanjaar se Rugbykampioenskap sal kan speel. Die Springbokke se laaste wedstryd in die kompetisie is op 8 Oktober in Durban teen die All Blacks. Dis is presies ses weke na sy besering, maar hy sal uiteraard nie kans kry om sy fiksheid voor die toets op te skerp nie.

Elton Jantjies, wat nie takties vervang is nie maar die veld vroeg in die tweede helfte met ʼn liesbesering  moes verlaat, sal waarskynlik eers Dinsdag weet hoe ernstig die besering is.

Die span kom Maandag in Suid-Afrika aan en dit is onwaarskynlik dat hy dan reeds die skandering sal ondergaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.