Cornal Hendricks meld hom in Pretoria aan

Cornal Hendricks (Foto thenewdaily.co.au)

Cornal Hendricks (Foto thenewdaily.co.au)

Die voormalige Springbokvleuel Cornal Hendricks ondergaan mediese en fiksheidstoetse by die Bulls.

Hendricks, wat die Springboktrui in 2014/’15 in 12 toetse oor sy kop getrek het, het in Desember ook toetse by Toulon in Frankryk ondergaan, maar is nie ’n kontrak deur dié Franse klubspan aangebied nie hoewel hy die mediese toetse geslaag het.

Volgens ’n verklaring wat Donderdag deur die Bulls uitgereik is, sal Hendricks benewens die ondergaan van die toetse ook saam met die Pretorianers se Superspan oefen.

“Indien hy die toetse slaag, sal hy verkiesbaar wees vir die Bulle in die Superrugby-seisoen,” het Xander Janse van Rensburg, hoëprestasiebestuurder van die Blou Bulle, gesê.

Hendricks, wat tot die einde van 2015 vir die Cheetahs uitgedraf het en gekontrakteer was om in 2016 vir die Stormers te speel, se loopbaan het vroeg in 2016 ’n wending geneem toe ’n hartdefek by hom gediagnoseer is.

Hy het ook vir die Blitsbokke gespeel en het in sy 12 toets vyf drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

J ·

Ai dis darem lekker om n bul ?? te wees! Hahaha. Na ons 3 superbekers kan ek nie wag vir die jaar se beker nie! Shame. Die ander spanne se ondersteuners sit en wag nog al die tyd! Ek voel vir hulle.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.