Cravenweek o.13: net vier onoorwonne na die tweede dag

Daar is  net vier onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die o.13-Cravenweek by Grey Kollege in Bloemfontein nadat vyf van Maandag se wenners in die stof gebyt het.

Die Oostelike Provinsie het KwaZulu-Natal met 17-14 geklop en die Goue Leeus het met 18-12 teen Grens gewen, terwyl die Westelike Provinsie (41-10) en die Blou Bulle (22-0) groot oorwinnings oor onderskeidelik die Limpopo Blou Bulle en die SWD behaal het.

Grens-platteland het met 12-92 teen Namibië verloor wat 14 drieë gedruk het. Dit is nogal noemenswaardig nadat die meestal sukkelende Grens die afgelope twee jaar met Namibië afgereken het.

Dinsdag se ander uitslae –

Boland 26 Vrystaat 10; Valke 36 Griekwas 7; Luiperds 66 Zimbabwe 7; Griffons 22 Pumas 10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.