Cronjé speel Jake se span in tweede plek in

Uithalerspel deur die losskakel Lionel Cronjé in die jongste ronde van die Japanse Topliga het grootliks bygedra dat die gewese Springbok-afrigter Jake White se Toyota Verblitz die tweede plek op die punteleer in die Rooi Afdeling ingeneem het.

Cronjé het Sondag 25 punte opgestapel deur drie drieë te druk en met vyf doelskoppe te slaag in sy span se sege van 55-24 oor die Coca-Cola Red Sparks.

Dis op sigself meer as die teenstanders se totale puntetelling.

Hy het voorheen Superrugby vir die Stormers, die Sharks en die Kings gespeel.

Die senter Shane Gates het ʼn drie vir NTT Shining Arcs in sy gelykop uitslag van 28-28 teen Kobelco Steelers gedruk.

Hy het die Kings in Superrugby verteenwoordig.

Die Springbok-slot Andries Bekker, wat vir Kobelco speel, is met ʼn geel kaart gestraf.

Nóg ʼn Bok, die heelagter Riaan Viljoen, het ʼn doelskop vir NTT Docomo Red Hurricanes in sy nederlaag van 12-34 teen Ricoh Black Rams oorgeklits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.