Cruden fiks om teen Bokke te speel

Aaron Cruden -  express.co.uk

Aaron Cruden – express.co.uk

Die All Blacks het die losskakel Aaron Cruden gekies om Saterdag in Wellington in die beginspan teen die Springbokke op te draf.

Cruden het voorverlede naweek teen Australië `n borsbesering opgedoen en is verlede naweek teen Argentinië kans gegee om van die besering te herstel.

Beauden Barrett was in die wedstryd met sy algemene spel uitstekend, maar Cruden se taktiese skopwerk en ook sy skopwerk pale toe het die afrigter, Steve Hansen, laat besluit om hom weer in te span. Barrett is op die bank.

Hansen moes ook twee ander veranderings aan die span aanbring. Die slot Sam Whitelock en die losvoorspeler Liam Messam is reeds vroeër in die week as onwaarskynlike kandidate vir die toets geïdentifiseer.

Jeremy Thrush wat verlede week as plaasvervanger vir Whitelock opgekom het  en Steven Lautua neem onderskeidelik die plekke van Whitelock en Messam in.

Die span is:

15 Israel Dagg, 14 Ben Smith, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Julian Savea, 10 Aaron Cruden, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (captain), 6 Steven Luatua, 5 Jeremy Thrush, 4 Brodie Retallick, 3 Owen Franks, 2 Dane Coles, 1 Wyatt Crockett.
Bank: 16 Keven Mealamu, 17 Joe Moody, 18 Ben Franks, 19 Patrick Tuipulotu, 20 Sam Cane, 21 TJ Perenara, 22 Beauden Barrett, 23 Cory Jane

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.