Crusaders hou ook by hul halfeind-wenspan

Die Crusaders se afrigter Scott Robertson het soos sy eweknie van die Lions Johan Ackermann gemaak en sy span wat die halfeind teen die Chiefs gewen het, net so gekies vir die Superrugby-eindstryd Saterdag op Ellispark.

Ook die plaasvervangers is onveranderd.

Daar was twyfel oor die fiksheid van die All Blacks se kaptein Kieran Read en ook die Nieu-Seelandse vaskop Owen Franks, maar hulle is albei fiks verklaar vir die wedstryd.

Crusaders –

David Havili, Israel Dagg, Jack Goodhue, Ryan Crotty, Seta Tamanivalu, Richie Mo’unga, Bryn Hall, Kieran Read, Matt Todd, Jordan Taufua, Sam Whitelock (kapt.), Scott Barrett, Owen Franks, Codie Taylor, Joe Moody. Bank: Ben Funnell, Wyatt Crockett, Mike Alaalatoa, Luke Romano, Pete Samu, Mitchell Drummond, Mitchell Hunt, George Bridge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.