Crusaders sal vir Australasiese hoogtepunt sorg

Die Crusaders gaan waarskynlik hierdie naweek hul plek bo-aan die algehele punteleer van die Super-reeks verstewig

Die verdedigende kampioene, die Hurricanes, is besig  om spoed op te tel en die ander Australasiese spanne wil vernedering gespaar wil word.

Vrydag

Onderste Australiese, Nieu-Seelandse spanne pak mekaar

Hoeveel opwinding kan daar tussen die onderste span in die Nieu-Seelandse konferensie en die onderste span in die Australiese konferensie wees?

Vrydagoggend (SA tyd) pak die Highlanders en die Rebels mekaar in Dunedin. Anders as die Rebels wat vanjaar segeloos is, het die Highlanders darem al twee oorwinnings op hulle kerfstok.

Met brekers soos die kaptein en heelagter Ben Smith en die skrumskakel Aaron Smith sal die Highlanders waarskynlik te sterk vir die Rebels wees.

Dis dalk nie die moeite werd om ’n siekbrief te kry om Vrydagoggend die wedstryd te kyk nie.

Spanne –

Highlanders: 15. Ben Smith (kapt.), 14. Tevita Li, 13. Malakai Fekitoa, 12. Richard Buckman, 11. Patrick Osborne, 10. Marty Banks, 9. Aaron Smith, 8. Luke Whitelock, 7. Dillon Hunt, 6. Gareth Evans, 5. Tom Franklin, 4. Joe Wheeler, 3. Siate Tokolahi, 2. Liam Coltman, 1. Aki Seiuli. Bank: 16. Greg Pleasants-Tate, 17. Daniel Lienert-Brown, 18. Siosuia Halanukonuka, 19. Elliot Dixon, 20. Tupou Sopoaga, 21. Kayne Hammington, 22. Fletcher Smith, 23. Matt Faddes.

Rebels: 15. Jack Debreczeni, 14. Tom English, 13. Mitch Inman, 11. Marika Koroibete, 10. Jackson Garden-Bachop, 9. Nic Stirzaker (kapt.), 8. Amanaki Mafi, 7. Colby Fainga’a, 6. Jordy Reid, 5. Steve Cummins, 4. Culum Retallick, 3. Laurie Weeks, 2. James Hanson, 1. Fereti Sa’aga. Bank: 16. Siliva Siliva, 17. Tom Moloney, 18. Tyrel Lomax, 19. Dominic Day, 20. Lopeti Timani, 21. Jake Schatz, 22. Esei Haangana, 23. Mick Snowden.

Afskop: 8:35 (SA tyd)

Saterdag

Blues waarskynlik te sterk vir onbeholpe Force

Die Blues pak Saterdagoggend (SA tyd) die Force in Auckland en na hul oorwinning verlede week oor die Bulls sal hulle stert in die lug wees.

Maar het hulle regtig rede om dit te wees? Dat die Bulls swak was, is ’n feit, maar dat die Blues verlede week veral in die tweede helfte lekker rugby opgedis het, is ook ononderhandelbaar.

Vroeër die seisoen het die manne van Auckland ’n paar neerlae gelei, wedstryde wat hulle moes gewen het. Net dalk het hulle nou momentum opgetel.

En die Force? Een oorwinning tot dusver vanjaar vertel sy eie verhaal.

Spanne –

Blues: 15. Michael Collins, 14. Matt Duffie, 13. George Moala, 12. TJ Faiane, 11. Melani Nanai, 10. Piers Francis, 9. Augustine Pulu, 8. Jerome Kaino, 7. Murphy Taramai, 6. Jimmy Tupou, 4. Gerard Cowley-Tuioti, 3. Charlie Faumuina, 2. James Parsons (kapt.), 1. Pauliasi Manu. Bank: 16. Matt Moulds, 17. Ofa Tu’ungafasi, 18. Sione Mafileo, 19. Scott Scrafton, 20. Akira Ioane, 21. Billy Guyton, 22. Ihaia West, 23 Rieko Ioane.
Force: 15. Dane Haylett-Petty, 14. Chance Peni, 13. Marcel Brache, 12. Billy Meakes, 11. Alex Newsome, 10. Jono Lance, 9. Ryan Louwrens, 8. Isi Naisarani, 7. Matt Hodgson, 6. Ross Haylett-Petty, 5. Richie Arnold, 4. Matt Philip, 3. Tetera Faulkner, 2. Tatafu Polota-Nau, 1. Ben Daley. Bank: 16. Anaru Rangi, 17. Pek Cowan, 18. Shambeckler Vui, 19. Richard Hardwick, 20. Kane Koteka, 21. Michael Ruru, 22. Ian Prior, 23. Robbie Coleman.

Afskop: 6:15 (SA tyd)

Die Hurricanes durf nie die Reds onderskat

Die verdedigende kampioen, die Hurricanes, het vanjaar reeds ’n paar wegholoorwinnings vanjaar behaal.

Die Reds is allermins ’n span wat werklik gesag afdwing, maar in Brisbane glo hulle kan hulle net dalk die Nieu-Seelanders ’n rugbyles of twee leer.
Regtig?

Hul enigste oorwinning tot dusvêr was teen die Sharks. Dit beteken dat hulle op enige dag amper enige teenstander kan klop.

Maar die Hurricanes is nie verniet kampioen nie. Hulle is soos ’n langafstandatleet wat op die regte tydstip versnel en met die giftige skakelpaar van TJ Perenera en Beauden Barrett aan die spits, gaan die Reds hulle keer moet ken.

Spanne –

Reds: 15. Karmichael Hunt, 14. Chris Kuridrani, 13. Samu Kerevi, 12. Duncan Paia’aua, 11. Eto Nabuli, 10. Jake McIntyre, 9. James Tuttle, 8. Scott Higginbotham, 7. George Smith, 6. Adam Korczyk, 5. Kane Douglas, 4. Rob Simmons, 3. Sam Talakai, 2. Stephen Moore (kapt.), 1 Markus Vanzati. Bank: 16. Andrew Ready, 17. Kirwan Sanday, 18. Taniela Tupou, 19. Lukhan Tui, 20. Hendrik Tui, 21. Nick Frisby, 22. Hamish Stewart, 23. Izaia Perese.
Hurricanes: 15. Jordie Barrett, 14. Vince Aso, 13. Matt Proctor, 12. Ngani Laumape, 11. Julian Savea, 10. Beauden Barrett, 9. TJ Perenara (kapt.), 8. Ardie Savea, 7. Callum Gibbins, 6. Brad Shields, 5. Michael Fatialofa, 4. Mark Abbott, 3. Jeffery To’omaga-Allen, 2. Ricky Riccitelli, 1. Chris Eves. Bank: 16. Leni Apisai, 17. Ben May, 18. Mike Kainga, 19. Sam Lousi, 20. Reed Prinsep, 21. Te Toiroa Tahuriorangi, 22. Otere Black, 23. Pita Ahki.

Afskop: 10:45 (SA tyd)

Aan die begin van die seisoen sou min mense hul geld op die Crusaders gesit het. Maar ná vyf oorwinningsin vyf wedstryde is dié sewemalige kampioen skielik weer ramkat.

Hulle kom Sondagoggend (SA tyd) teen die Waratahs te staan, ’n span wat darem al twee oorwinnings vanjaar kon behaal, maar ook drie neerlae gely het.

’n Oorwinning vir die manne van Canterbury beteken hulle salhulle posisie bo-aan die gesamentlike punteleer verstewig.

Spanne –

Nie beskikbaar nie

Afskop: 8:05 (SA tyd)

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.