Crusaders trek die Lions se tande

Foto: Crusaders/Facebook

Die Lions se Superrugby-probleme lyk nie einde te hê nie nadat hulle Vrydag ʼn nederlaag teen die Crusaders gely het.

Die Crusaders het die Lions met 36-10 in Christchurch geklop. Die Lions het moedig begin maar Braydon Ennor het sommer binne die eerste vyf minute agter die besoekers se doellyn gaan kuier.

Die Lions was op die agtervoet en Richie Mo’unga het die Crusaders se voorsprong vergroot en die verdedigende kampioen het teen rustyd met 17-3 voorgeloop.

Dinge het nie in die tweede helfte veel beter gegaan nie en George Bridge het nog punte vir die tuisspan aangeteken.

Ruan Combrinck het darem vir ʼn bietjie opwinding gesorg toe hy onderskep en die Lions se enigste drie aangeteken het.

Die negemalige Superkampioen het eindelik vyf drieë aangeteken en sodoende hul onoorwonne rekord teen die Lions in Christchurch behou.

Puntemakers:

Crusaders 36 (17): Drieë: Braydon Ennor, Sevu Reece (2), George Bridge (2). Doelskoppe: Richie Mo’unga (4). Strafskop: Mo’unga

Lions 10 (3): Drie: Ruan Combrinck. Doelskop: Elton Jantjies. Strafskop: Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Charles Schmidt ·

Waar is Harold Vorster. Hy kon caren verdedig. Net weg??????

Jaco ·

Hahahaha!! Waar is die Welpie ondersteuners vandag? So paar naweke terug het die welpies hulle monde vol gehad oor die Bulls verloor het teen die Chiefs.

JG ·

@ Jaco…ten minste het die Leeus die Chiefs gewen…in die Chiefs se agterplaas. Ek dink die Nulle is maar senuweeagtig…

Jan ·

@ JG…korrek met die wen teen die Chiefs. Die Chiefs kan nou nie naastenby te vergelyk word met die Crusardes of Hurricanes nie (vandag het die Hurricanes die Chiefs met 47-19 pak gegee EN die Crusaders het die Hurricanes ook pak gegee) Vergeet van die Chiefs wen. Groete

Willco ·

Ek dink die leeus miaauw te veel uitbundig wanneer hulle ‘n strafskop in hulle guns kry. Byna al die agterspelers hardloop tot voor by die voorspelers om deel te neem in die ge-miaauw. Hulle mors te veel energie daarin as om liewer te konsentreer op wat hulle by die volgende beweging moet doen.

Ai.. ·

Hehe ai nogal waar hul meeouww meer soos n klomp cougars soos in wilde dame cougars as n klomp vreesaanjaendende honger leeus .. Moet se daai mapoe is so stadig soos n slak geen wonder hy staan tien meter voor sy ander spelers om op te maak vir sy slakkepas nie maar ongelukig vir die leeus word hy elke keer uitgevang.En ou bazoeka of is dit makuza het nog n lang pad om te loop miskien is hy beter af in sokker…. Al wat hul kan doen is kop skud ..al wat ek kan doen is wonder wat hul daar maak en ok my kop skud..

Frans C ·

Die Crusaders het die Leeus se swak plekke ontbloot,want dit is ‘n span met baie diepte en word swak plekke gou-gou gevul deur die manne van Fidji,soos Sevu Reece,wat Kwagga soos ‘n vrot vel deur die lug laat vlieg het,toe hy sy drie gaan druk het.

Dink Kwagga se kans om die groep na die wêreldbeker te haal het hier ‘n knou gekry.
In Suid Afrika moet ons maar tevrede wees met ouens wat aan die einde van hul loopbane terugkeer en dan gretig opgeraap word deur bv die Bulle.

Dit wys net hoe groot die leemte werklik plaaslik is,want die beste spelers speel oorsee.
Is die voordeel wat NZ trek uit die Suid See eilande spelers werklik moreel regverdig?
As dit is dan moet plaaslike spanne hul net wyer in Afrika span .Tendai Mtawarira (beast) van Zimbabwe het bewys dat daar werklik talent in die lande noord van Suid Afrika is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.