Crusaders verander kwaai, Sharks bly dieselfde

Die Sharks se afrigter, Robert du Preez, het sy 23-tal wat verlede naweek teen die Jaguares gewen het, net so behou vir Saterdag se Superrugby-kwarteindstryd teen die Crusaders in Christchurch.

Dit sal vir die Springbok-loskopstut, Beast Mtawarira, nóg ʼn mylpaal wees nadat hy ʼn maand gelede op Nuweland in sy 100ste toets gespeel het.

Teen die Crusaders sal hy in sy 150ste Superrugby-wedstryd speel. Al sy wedstryde was vir die Sharks, wat ʼn Suid-Afrikaanse rekord vir ʼn enkele span is.

Die voormalige Bokhaker Adriaan Strauss van die Bulls, hou egter die rekord vir die meeste Superwedstryde (156), maar het vir die Cheetahs én die Bulls gespeel.

Sharks ‒

15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniel du Preez, 7 Jacques Vermeulen, 6 Philip van der Walt, 5 Ruan Botha (kaptein), 4 Tyler Paul, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Hyron Andrews, 20 Wian Vosloo, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Makazole Mapimpi.

♦ Die Crusaders se hoofafrigter, Scott Robertson, het heelwat veranderinge aan sy span aangebring en sy heel beste beskikbare span gekies vir die twee spanne se eerste kragmeting sedert die 2016-Superreeks.

Dit was in Durban waar die Crusaders met 19-14 gewen het en dit sal die eerste keer sedert 2014 wees dat die Sharks in Christchurch speel. Toe het hulle ʼn rare oorwinning oor Saders behaal (30-25) voordat hulle in die halfeindronde met 6-38 verloor het.

Vir die kwarteindstryd Saterdag is die haker Codie Taylor en Owen Franks terug in die opdrafspan. Die All Blacks-slot Scott Barrett is ná verlede naweek se ruskans terug in die beginspan met Luke Romano, ʼn yster in eie reg, wat op die bank is.

Luke Whitelock, wat in die afgelope reeks teen die Franse, die kaptein was, is die ander slot en bly Crusaders se kaptein hoewel die All Blacks se gereelde kaptein, Kieran Reid, weer ná sy besering speel.

Agterlangs speel Bryn Hall skrumskakel in die plek van Mitchell Drummond en David Havili neem as heelagter by Israel Dagg oor. Dagg is vanjaar swaar deur beserings getref en kon nog nie sy beste vorm herwin nie.

Crusaders ‒

15 David Havili, 14 Seta Tamanivalu, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Kieran Read, 7 Matt Todd, 6 Jordan Taufua, 5 Sam Whitelock (kaptein), 4 Scott Barrett, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Tim Perry. Bank: 16 Andrew Makalio, 17 Wyatt Crockett, 18 Michael Ala’alatoa, 19 Luke Romano, 20 Pete Samu, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 Manasa Mataele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.