Crusaders weer in eindstryd ná hulle Hurricanes in riller klop

Hurricanes se Ngani Laumape word platgeduik deur die Crusaders se Braydon Enner (links) tydens die Superrugby-semifinaal in Christchurch, Nieu-Seeland. (Foto: AP Photo/Mark Baker)

Die Crusaders het Saterdag in Christchurch ʼn ongelooflike 14de keer tot die Superrugby-eindstryd sedert 1996 deurgedring toe hulle die Hurricanes met 30-26 geklop het, maar die kleed van onoorwinlikheid hang net-net oor hul skouers.

Niemand kan daarteen stry dat die Crusaders vanjaar verdien het om aanstaande Saterdag in die eindstryd teen die Argentynse Jaguares (weer) in Christchurch te speel nie, maar as die Jaguares die tweede helfte van die Nieu-Seelandse derby dopgehou het, sal hulle baie daaruit kan put en planne beraam om die Crusaders van ʼn tiende titel te weerhou.

Die Crusaders was rustyd met 13-7 voor en heeltemal in beheer, maar toe skakel die Hurricanes na die hoogste rat oor en dwing die Crusaders byna op hul knieë.

Dit was een van die beste getuigskrifte vir rugby, want daar was drama, drieë, passie en ʼn meesterplan vir elke afrigter hoe om rugby te speel ná ʼn valerige eerste helfte.

Waar die Crusaders 40 minute in beheer was, het die Hurricanes oorgeneem en die tuisspan van hul voete af gehardloop.

Kyk maar net na die eindstatistieke: Die Hurricanes het vier drieë tenoor drie gedruk, verder met die bal gevorder (466 m teenoor 432 m), meer verdedigers geflous (40 teenoor 17), die bal 167 keer teenoor 116 aan- en uitgegee, genoeg besit vanuit die lynstane, los- en vaste skrums gekry, asook baie minder foute begaan.

Hulle het byna totale rugby gespeel en dis mos hoe jy ʼn Nieu-Seelandse span kan klop.

Moenie die bal doelloos wegskop nie, behou besit, gebruik oorslaan-aangeë, wissel jou aanvalle af, speel vlak en dan diep, swaai die bal na links en regs, voer die basiese beginsels reg uit.

Dit sit nie in enige span se broek nie, want nie al die spanne het twee Barrett-broers (Beauden en Jordie), die stormram Ngani Laumape, Matt Procter, Ben Lam en TJ Perenara agterlangs nie.

Die Crusaders moes in die laaste vyf minute baie diep delf, aanslag ná aanslag van hul doellyn af weghou en was dit nie vir ʼn stukkie ongeoorloofde (slim) spel van die Crusaders- en All Blacks-slot Sam Whitelock nie toe hy die bal in ʼn kritieke stadium by ʼn losskrum uit Perenara se hande geklap het nie, kon die Hurricanes momentum behou en dalk gewen het.

Maar voordat enige span daaraan kan dink om die Crusaders te klop, sal hulle teenvoeters vir Richie Mo’unga, Jack Goodhue, Ryan Crotty, Sevu Reece, Codie Taylor, Scott Barrett, Whitelock, Jordan Taufoa, Matt Todd en Kieran Read moet vind.

Punte: Crusaders 30 (13): Drieë: Sevu Reece (2), Richie Mo’unga. Doelskoppe: Mo’unga (3). Strafdoele: Mo’unga (3).

Hurricanes 26 (7): Drieë: Ngani Laumape (2), Ben Lam, TJ Perenara. Doelskoppe: Beauden Barrett (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thys ·

Saders jou lekker lekker,baie lekker ding!!!!!Saterdag lig ons vir die 10 keer daai koppie,so baie trots op julle manne!!!!!

Riaan ·

Go Crusaders, julle verdien weer om te wen, behalwe die flou koeie.

Swartwolf ·

Hoop die Jagaures wen. Hulle speel uitstekend. En Crusaders, Jaguares en Bulls stukke beter as die papsak snoekbraai spulletjie in die Kaap in.

Antoon ·

Ai foei tog.
Al die sissies wat op skool so geboelie is, kan darem wraak neem deur vir ‘n span te skree wat hulle net op tv gesien het :-)

Smirre ·

Aangesien jy so ‘n “well travelled never been bullied at school” rugby tier is vertel ons van hoeveel internasionale wedstryde jy al bygewoon het?

Henry ·

Smirre
Wil al lyk asof jy ‘n ‘well travelled’ sissie is.
Vertel.
Moenounie langer met ‘n wrok rond strompel teen al wat ‘n dier of tier is nie.

ANC ·

Ek ondersteun die beste, en agv apartheid. Noem my n sussie in my gesig en jy gaan n dentis afspraak nodig he. Dan kan jy kom aandag soek op MM

Chrisjan ·

En om te dink die Stormers het teen die Brumbies verloor – op Nuweland!

Chrisjan ·

En nie ‘n woord oor Dane Coles se onwettige skouerloop op Richie M nie? Wat het daarvan gekom? Niks!

Swartwolf ·

Stem saam asook Whitelock wat die bal uit Perenara se hand uit klap dis ‘n geel kaart. Maar ref dit nie gesien nie.

Antoon ·

Smirre,
Ek het baie internasionale rugby wedstryde bygewoon, veral toe ek in die skadu van Loftus groot gewoord het :-)
Ek het ook maar op skool pak gekry agter die pawiljoen maar darem nie so erg dat ek ‘n span wil ondersteun van ‘n plek waarby ek geen geskeidenis of emosionele verbintenis het nie :-)

Smirre ·

Nee ok Antoon nee kyk as jy op Loftus rugby gekyk het salueer ek jou. Dis nou nie heavy international nie maar dis die home base van die blou bulle. Ek het op skool en tot nou toe dit reggekry om ‘n geboksery te vermy en was nooit geboelie nie. Ek sukkel net om die geboelie/fight agter die pawiljoen bymekaar te bring met om vir die Jaguares of Crusaders te skree. Ouens wat op skool geslaan is skree gewoonlik vir die Stormers.

Antoon ·

Smirre, dis eintlik maklik. Die geboeliedes haak maar altyd aan ‘n wenner vas om hulleself beter te laat voel. Soos die Cape Town Crusaders wat nie eers Canterbury op ‘n kaart kan kry nie. Snaaks dat niemand ooit aan ‘n ander span kies nie, net die wenners. Man United fans is nog ‘n voorbeeld.
Ek waardeer die fantastiese rugby wat die Crusaders speel maar raak gatvol vir die mooi weer ondersteuners.
Vir my gaan dit maar net oor die emosionele band :-)

ANC ·

Haai, jammer dat j nie kan deel hê aan die geluk om n beker te wen nie… jou span is soos n broer ini tronk…

Smirre ·

Antoon jy klink soos ‘n ou met ruggraat. Ek is en bly ‘n Bulls ondersteuner. Net in die final omdat die bulls nie speel nie moes ek nou diep dink oor wie ek wil he moet wen en ek gaan maar vir die Jaguares skree. Ek het al Bokke vs England opTwickenham gekyk in 2013, en England vs Frankryk op Stade de France in 2010, ook al derde toets tussen British Lions vs Aussies in Sydney 2013, was by 1995 world cup final op Ellispark. So groot bok en Blou bul ondersteuner. Net die keer eerder Jaguares voor Crusaders.

Riaan ·

Enige iemand kan die beker wen, net die die Flou koeie nie, hulle is al n paar jaar stil gespeel dankie tog.
Whahahahaha te leker man.

Swartwolf ·

Bulle het die beker al 2 keer gewen. Jou lam stompies nog nooit. En die seisoen laaste op die SA log. Wat ‘n skande, en wat ‘n grap. Stompies moet doodstil bly na so seisoen.

Riaan ·

Swartwolf ek is n Crusader van die Super 10 af, ons hetdie beker al 9 keer gewen.

Swartwolf ·

Ok Riaan Crusaders league van hul eie. Dog jy skree vir weer probeer maar ek sien soos Smirre se hierbo jy is ook nie geboelie op skool nie. Ek support die keer die argentyne asado braaivleis tango span soos een WP supporter papsak nar hulle noem net vir bietjie afwisseling dink dit gaan ‘n great game wees. Argentyne gaan voor die pap dik aanmaak maar ek dink Crusaders gaan te sterk wees agter Richie Mo’unga is in ‘n ander klas.

Avokado ·

Whitelock se “ongeoorloofde (slim) spel” is niks minder as oneerlikheid nie. Die etos van rugby, en enige sport, is om by die reëls te hou. Net omdat die ref jou nie sien nie maak jou nie ‘n goeie speler nie. Die All Blacks kom al vir jare weg met sulke spel omdat die refs ongesonde en oordrewe respek vir NZ rugby het. Kyk maar waarmee gaan hulle in die WB wegkom.

Bokkom ·

So Saterdag is dit ‘n streek-span teen ‘n internasionale span. Duh?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.