Crusaders wéér in Superrugby-eindstryd

ʼn Mens kan met die bal hardloop, hardloop en hardloop, maar wanneer jy nie drieë druk of punte teen die Crusaders aanteken nie, kan jy maar daarvan vergeet om te wen.

Die Chiefs het Saterdag in Christchurch in die eerste halfeindstryd van vanjaar se Superrugbyreeks gebiedsvoordeel en besit heeltemal oorheers, maar is steeds deur die Crusaders met 27-13 geklop nadat die tuisspan rustyd met 10-6 voor was.

Die Crusaders sal volgende Saterdag tuis teen die Hurricanes in die eindstryd speel, of na Suid-Afrika moet reis om die Lions op Ellispark te pak.

Die Crusaders het nou in 180 minute van die kwarteindstryd teen die Highlanders, wat hulle verlede week met 17-0 gewen het, en teen die Chiefs, net een drie afgestaan.

Hulle het kalm onder druk gebly, was nooit paniekerig nie en het die Chiefs onder baie groot druk geplaas.

Wurgrugby.

Hul grootste bate was hul verdediging. Die Crusaders het 172 duikslae uitgevoer en 29 gemis. Matt Todd, Jordan Tafua en Sam Whitelock het almal meer as 20 duikslae gemaak. Wanneer die Crusaders ook ʼn duikslag gemis het, was daar altyd ʼn tweede of derde linie van verdedigers om die Chiefs in hul spore te stuit.

Die Chiefs het 520 meter met die bal gevorder, die Crusaders net 388 meter. Die Chiefs het 189 keer die bal aan- of uitgegee, die Crusaders net 84 keer en tog was daar van die begin af net een wenner.

Die Crusaders was weer meesters daarvan om af te rond wanneer hulle naby aan die Chiefs se doellyn gekom het. Dit het net vyf keer gebeur, en hulle het vier drie gedruk en ʼn strafdoel behaal.

Kan die Lions, as hulle die Hurricanes klop, die Supertrofee wen?

Ja, maar dit gaan baie moeilik wees, want soms lyk dit asof die Crusaders, die sewemalige kampioenspan, nie die bal wil hê nie, maar eerder op hul teenstanders se foute teer, hulle onder druk plaas, en dan met teenaanvalle bresse slaan.

Die puntemakers –

Crusaders 27 (10) – Drieë: Bryn Hall, Israel Dagg, Seta Tamanivalu (2). Doelskoppe: Richie Mo’uanga (2). Strafdoel: Richie Mo’uanga.

Chiefs 13 (6) – Drie: Brodie Retallick. Doelskop: Damian McKenzie. Strafdoele: Damian McKenzie (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bok ·

Crusaders is en bly n goeie span. Hou duim vas vir Lions, gaan groote wees.

Johann ·

Die Kiwi’s is gelukkig dat hulle die seisoen nie teen die moes speel nie!!! Go Lions

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.