Crusaders wen Blues net-net 

Foto: Facebook

Die Crusaders was met twee strafdrieë net-net baas oor die Blues.

Die Crusaders het die Blues Saterdag in Auckland in hul Superrugby-wedstryd met 24–22 geklop.

Die eerste strafdrie is in die 25ste minuut toegeken toe die Blues ʼn losgemaal afgetrek het en Tom Robinson met ʼn geelkaart gestraf is.

Die tweede strafdrie was in die 59ste minuut na ʼn skrum naby die Blues se doellyn. Dit het die Crusaders met 24–17 laat voorloop nadat die twee spanne met 17 elk gelykop was halfpad deur die tweede helfte.

Die Blues het met twee minute oor op die telbord die Crusaders se voorsprong na twee punte verminder nadat Augustine Pulu oor die doellyn geduik het.

Die Blues se plaasvervangerlosskakel, Harry Plummer, kon egter nie daarin slaag om die skop oor te sit en sodoende die telling gelyk te maak nie.

Die Crusaders het 12–3 voorgeloop na die eerste helfte nadat Manasa Mataele twee keer op die doellyn gaan kuier het.

Die Blues was veel sterker in die tweede helfte en het die voortou geneem na drieë deur Akira Ioane en Ofa Tu’ungafasi.

“Ons het geweet die Blues het ʼn baie goeie voorseisoen gehad en talle aanvalswapens,” het Matt Todd, kaptein van die Crusaders, gesê. “So ons het geweet daar wag ʼn wedstryd op ons.”

Puntemakers:

Crusaders 24 (12):

Drieë: Manasa Mataele (2), twee strafdrieë. 

Blues 22 (3):

Drieë: Akira Ioane, Ofa Tu’ungafasi, Augustine Pulu. Doelskoppe: Otere Black, Harry Plummer. Strafdoel: Otere Black.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Alhoewel die Crusaders sonder van hul staatmakers gespeel het was dit net hul ervaring wat hul laat wen het.Die Blues is ‘n moeilike span en hou gevaar in vir SA-spanne

Jean ·

Skewe ingooi op die einde bevoordeel alweer die Crusaders…Hoe ek vra sien die lynregters dit nie,hul is reg voor die bal en spel???????????Is alles deesdae gekook?

Jean ·

Skewe ingooi op die einde bevoordeel alweer die Crusaders…Hoe ek vra sien die lynregters dit nie,hul is reg voor die bal en spel???????????Is alles deesdae gekook?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.