Curriebeker: die deur kan vir die Vrystaat Cheetahs toeklap

Dit is alles goed en wel van die Suid-Afrikaanse rugbybase om van die Cheetahs te verwag om hul sterkste span in die nuwe Pro14-reeks te laat speel, maar dit kan die Vrystaatse Cheetahs miljoene rande in die Curriebekerreeks laat verloor.

Die Sharks het Saterdag op Kingspark die (verswakte) Vrystaat Cheetahs met 45-15 geklop en hulle sodoende uit die eerste posisie op die Curriebekerpuntelys geskuif. Die Sharks het nou 29 punte en die Vrystaat 25.  In hul volgende twee wedstryde wag die Westelike Provinsie (17 punte, maar een wedstryd minder gespeel) en die Pumas (17) op die Vrystaters en kan hulle maklik tot die derde plek afskuif.

As hulle aanhou verloor, sal hulle binne die volgende maand uit die topvier geskuif word.

Dis nie die jong en onervare spelers of die afrigter, Daan Human, se skuld nie, maar dit kan beteken dat hulle nie by die uitspeelwedstryde betrokke sal wees nie en die Curriebeker, wat hulle verlede jaar gewen het, op ʼn skinkbord afstaan.

Ja, die beamptes verwag dat die Cheetahs se kragmetings in die Pro14-reeks toeskouers sal lok en dat die koffers ook gevul sal word met die toets wat teen die Wallabies in die Rugbykampioenskap in die Rosestad gespeel word. Maar ai, dis darem nie lekker om ʼn onervare span so teen die hardebaarde te sien verloor nie.

Die Goue Leeus  het die Pumas op Ellispark met 29-28 verslaan en die uitspeel-agterdeur op ʼn skrefie oopgehou. Só ook die Blou Bulle wat Vrydagaand op Loftus Versfeld met 44-42 teen Griekwas deurgeskraap het.

Wat baie opvallend is, is dat al hoe minder toeskouers die wedstryde bywoon. Dit was uiters skraps op Loftus en Ellispark, maar darem ʼn rapsie beter op Kingspark. Toeskouergetalle is in 2016 byna gehalveer en vanjaar woon nog minder mense Curriebekerwedstryde by.

Curriebekerpuntestand: Sharks 28, Vrystaat-Cheetahs 25, Blou Bulle 18, Westelike Provinsie 17, Pumas 17, Griekwas 16 en Goue Leeus 15.

Al die spanne het sewe wedstryde gespeel, maar die WP ses.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Callie ·

Niemand wil meer gaan kyk nie. Dit het openlik ontaard in pogings om spanne totaal te verander sodat meerderheids spelers gekleurd is. Die witmense was al die jare die rugby kyker wat paviljoene volgepak het. Daardie kykers is vervreem deur die ruggraatlose rugbybase wat politiek en geld najaag. Hoe lank kan rugby voortbestaan sonder passievolle toeskouers. Glo my. Dit is die einde van rugby in SA.

danie ·

Die rede is omdat daar nie Bokke in die reeks speel nie, dis ‘n afgewaterde storie. Maar nou moet ‘n ou byse die superrugby se pawiljoene was ook maar leeg in vergelyking met vorige jare. Te veel van dieselfde ding elke jaar. DIe superrugby en nou pro 14-kompetisies is te lank.

danie ·

Dieselfde tendens kom in NZ en Aus voor. Te veel rugby, mense raak dik daarvoor.

Johannes van Rooyen ·

Dis net politiek en geldgiergheid deur beamptes en lankal nie meer krag teen krag nie hulle het my lankal verloor as ñ getroue ondersteuner

Jaybee ·

Dit was te wagte dat die toeskouer getalle sou krimp met die gehalte rugby wat gespeel word. Tydens die wedstryd tussen Ulster en die Cheetahs was die vol paviljoene n openbaring, wonder net hoe lank dit so sal bly met ons spanne se vertonings.

MANIE ·

Daar is die helfte van die span wat van kleur moet wees maar hulle verwag die wittes moet hulle geld uithaal en die gemors gaan kyk. Gaan werf bietjie toeskouers onder die anderkleuriges. O ja en julle beter julle kaartjie pryse verminder want ek glo nie hulle is so dom om die huidige kaartjie pryse te betaal

Johan Maritz ·

Ek stem met bogenoemde saam kom ons se alle sokkerspanne moet helfde wit wees kyk dan wat gebeur.

Bok ·

Stem saam. Te veel politiek wat inmeng by rugby.
Kaartjie pryse te duur. Halfveer kaartjie pryse en kry 10000 toeskouers meer per wedstryd.
Gaan kyk wat kos sokker kaartjies.

rollie ·

Dis ‘n tendens in die SH maar dit lyk ook sleg as 10000 mense in ‘n 50000 stadion sit. Oorsee lyk dit vol want hulle speel in plaaslike stadions wat gewoonlik so 10000-15000 vat (skep in elk geval ‘n beter atmosfeer).

Garath ·

Ek verstaan nie hoe daar van enige unie in die RSA verwag kan word om sinvol in 2 verkillende kompetisies te kompeteer nie. As jy die Bok squad by tel dan is dit eintlik in 3 kompetisies. Common sense does not prevail.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.