Curriebeker: Dis alles of niks die naweek

currie cup logo 2016.jpgDie Curriebeker-puntelys is op die oomblik ʼn deurmekaar gedoente, en in drie van die vier Curriebekerwedstryde die naweek is daar vir ten minste een van die twee spanne ʼn ononderhandelbare oorwinning op die spel.

In die vierde, waar die Vrystaat Cheetahs weg teen die Pumas speel, is die Bloemfonteiners, op twee ligapunte in twee wedstryde na, van die boonste plek op die punteleer verseker.

♦ Die Sharks (aanstaande naweek) en die Blou Bulle het elk nog net een wedstryd oor. Albei het vyf punte nodig wat hulle tot 30 ligapunte sal stu – een meer as die Vrystaat wat egter nog twee wedstryde oor het.

Die Sharks het die naweek ʼn loslootjie en speel aanstaande naweek op  Ellispark teen die Goue Leeus.

♦ Wen die Leeus egter Saterdagmiddag (die enigste Saterdag-wedstryd die naweek) teen die OP Kings, is hulle nog ver van uitspeel af. Selfs vyf punte sal hulle steeds drie agter die Sharks plaas wanneer dié twee oor ʼn week in hulle laaste wedstryd teen mekaar aantree.

♦ Die Blou Bulle speel in Wellington teen hulle nuwe franchise-vennoot, die Boland. Vyf punte, wat heel haalbaar is, sal die Bulle van ʼn uitspeelplek verseker – maar hulle sal graag hulle punteverskil teenoor die Sharks wil verbeter met ʼn goeie oorwinning oor die Boland. Hulle punteverskil is tans 30 punte swakker as die Sharks s’n.

♦ Die WP, tans op 18 ligapunte, kan tot 28 vorder as hulle Saterdag vir Griekwas, in Kimberley, met ʼn bonuspunt kan klop en dan oor ʼn week op Nuweland nog ʼn vyftal teen die Boland kan losspeel.

♦ Griekwas het seker ʼn redelike kans om op  sy tuisveld die WP hok te slaan. Hulle het tans 19 punte, maar om teen die WP en die Vrystaat (in Bloemfontein) tien punte te verdien, sal gesien moet word.

♦ Shuhei Kubo, wat in April die Bulls se wedstryd teen  die OP Kings in die Baai die skeidsregter was, is weer die Pretorianers se skeisregter. Die keer is hulle die Blou Bulle, en is die teenstanders die Boland in Wellington.

Bepalings –

Vrydag
Boland vs Blou Bulle, Bolandpark, 15:00
Pumas vs Vrystaat Cheetahs, Mbombela-stadion, 18:40
Griekwas vs WP, Griekwapark, 19:00

Saterdag
OP Kings vs Goue Leeus, Nelson Mandelabaai-stadion, 17:10

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.