Curriebeker- Eerste Liga op die driesprong

Die beker wat in die Curriebeker- Eerste Liga op die spel is. (Foto: Saru)

Die Curiebeker- Eerste Liga is Vrydag en Saterdag op die driesprong, en die uitslae sal toon wie saam met die Griffons die halfeindronde sal uitspook.

Vyf van die oorblywende sewe spanne sal mekaar en hul teenstanders in die laaste groepwedstryde trompop loop om die oorblywende drie plekke in te oes.

Die wedstryd Vrydag tussen die Valke (derde) en die Luiperds (tweede) in Brakpan behoort die plek van die ander halfeindstryd te bepaal, met die Luiperds die gunsteling om dié wedstryd aan te bied.

Vyf punte teen die Oostelike Provinsie lyk haalbaar vir die Suidwestelike Distrikte, en teen die tyd dat hy Vrydag in George op die veld draf, behoort hy reeds die uitslag uit Brakpan te hê, en sal die span weet wat hom te doen staan.

ʼn Lang reis Swakopmund toe kan Boland dalk tam laat, maar die Wynboere kan nie anders nie as om Saterdag met die Welwitschias af te reken as hulle wil bly saampraat.

Teoreties het die Grens nog ʼn kans, maar die moontlikheid dat hy die onoorwonne Griffons in Welkom kan laat struikel, klink na wensdenkery.

Naas die Griffons behoort die Luiperds, die Valke en die Boland die kwarteinders te wees. Die SWD is ’n buiteperd, veral na gelang van die tuisspan se vertoning in Brakpan.

Afskoptye –

Vrydag

16:00 Valke teen Luiperds, Bosmanstadion, Brakpan.

18:00 SWD teen OP, Outeniekwapark, George.

Saterdag

15:00 Welwitschias teen Boland, Sentrale Veld, Swakopmund.

15:00 Griffons teen Grens, Welkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.