Curriebeker: Eerste ronde sal aanduiding gee

Ses wedstryde, dis al. Naastenby gelyk volgens sterkte vir almal se tuis- en wegwedstryde ingedeel, maar daar is tóg die wete dat die krag van jou weg-teenstanders en dié waarteen jy tuis moet speel, jou lot kan bepaal.

ʼn Totaal onbevredigende situasie, maar dis soos dit is in die Curriebekerreeks wat Vrydagmiddag in Mbombela afskop tussen twee spanne wat albei (teoretiese?) franchise-status het en steeds hoop op ʼn plekke in die Britse rugbystelsel; en met albei wat boonop ook mindere aanpassings op afrigtersvlak ondergaan.

Griekwas is die besoekende span, en sy afrigter Peter Engledow, goed soos hy is, se spelers kom glo  nie lekker met hom oor die weg nie en sy kontrak is nie hernu nie.

Die Pumas het vir Jimmy Stonehouse terug uit Japan uit, maar hy is moontlik nog nie na sy relatief onlangse terugkeer met die sterk- en swakpunte van al sy (ʼn hele paar) spelers vertroud nie ‒ en hulle met hom nie.

Wie gaan wen? Albei spanne het sedert verlede seisoen ʼn omset in spelers gehad, en die oefenwedstryd of twee wat gespeel is mag dalk nie genoeg wees om mekaar met die intrapslag te vind nie. Daar was darewm die SuperSportreeks, want die twee spanne is nie soos die franchise’e skielik met groot getalle nuwe spelers wat “ingepas” moet word nie.

Terloops, in die SuperSportreeks het die twee spanne in die eindronde teen mekaar gespeel en was die Pumas net-net baas.

♦ Net so is daar vrae te vra oor die Blou Bulle se jong span wat propvol manne is wat ʼn tikseltjie Superrugby ondervinding het. As hulle genoeg besit kry en aan die loop gaan, sal dit keer kos. Maar is daar genoeg oukoppe tussen die jonges om hulle onder druk te help kophou?

Die Bulle speel teen die Vrystaat Cheetahs, wat in wese eintlik maar die Cheetahs se Pro14-span is. Ook húlle het ʼn hele klomp nuwe gesigte in die span, moontlik meer ervare as die Bulle, maar ook met meer druk. Hulle móét twee uit twee wen voordat hulle as die Pro14-Cheetahs oor twee weke vir Munster oorsee gaan pak. Dit sal dit makliker vir die jonges maak wat tuis in die Curriebeker-kompetisie moet voortspeel.

En in die proses moet Oupa Mohoje-hulle ook in dié twee wedstryde hul samespel regkry vir ʼn liga wat hoër as dié een is.

Kies maar wie gaan wen. Dit kan enige twee van die vier spanne wees, en dit kan naelskraap of ver wees. Niemand weet in dié stadium nie.

Die spanne:

Pumas vs Griekwas, Mbombela-stadion, 17:00

Pumas
Gerrit Smith; JP Lewis, Ryan Nell, Hennie Skorbinski (kaptein), Neil Maritz; Christopher Smith, Stefan Ungerer; Willie Engelbrecht, Stefan Willemse, Marnus Schoeman, Cameron Lindsay, Le Roux Roets, Marné Coetzee, Simon Westraadt, Kwezi Mona. Bank: Frankie Herne, Andrew Beerwinkel, Hugo Kloppers, Jeandré Rudolph, Reynier van Rooyen, Justin van Staden, Trompie Pretorius.

Griekwas
AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (kaptein), Christopher Bosch, Godfrey Ramaboea, George Whitehead, Christiaan Meyer, Conway Pretorius, Sias Koen, Wendal Wehr, FP Pelser, Sintu Manjezi, Nicolaas Oosthuizen, Kwezi Mkhafu, Devon Martinus. Bank: AJ le Roux, Liam Hendricks, Ruan Kramer, Pieter Jansen van Vuren, Zak Burger, Jono Janse van Rensburg, André Swarts.

Vrystaat Cheetahs vs Blou Bulle, Vrystaat-stadion, 19:00

Vrystaat Cheetahs
Malcom Jaer, Rabs Maxwane, Benhard Janse van Rensburg, Nico Lee, William Small-Smith, Tian Schoeman, Rudy Paige, Niell Jordaan, Oupa Mohoje (kaptein), Junior Pokomela, JP du Preez, Justin Basson, Luan de Bruin, Joseph Dweba, Ox Nche. Bank: Jacques du Toit, Erich de Jager, Günther Janse van Vuuren, Dennis Visser, Gerhard Olivier, Shaun Venter, Louis Fouché.

Blou Bulle
Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, JT Jackson, Jamba Ulengo, Manie Libbok, Andre Warner, Hanro Liebenberg (kaptein), Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Ruan Nortje, Ruben van Heerden, Conrad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Matthys Basson. Bank: Jan-Henning Campher, Dayan van der Westhuizen, Hendré Stassen, Jano Venter, Theo Maree, Tony Jantjies, Earl Douwrie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.