Curriebeker-eindstryd: Sharks verras die WP op Nuweland

Die rugby was tussen swak in die eerste helfte en so-so ná rustyd, maar die Curriebeker bly maar dié ding in Suid-Afrikaanse rugby.

Die Sharks het hul tweede agtereenvolgende eindstryd op Nuweland teen die Westelike Provinsie met 17-12 gewen. Dit was hulle eerste titel sedert 2013 toe hulle in Kaapstad gewen het.

Die twee uitstaande kenmerke wat ʼn mens sal onthou is die powere eerste helfte waar die vaardigheidsvlakke van Suid-Afrika se voorste spelers veral nie na wens was nie, en die dit dat die skrums  steeds ʼn wenplatform kan wees.

Die WP se gesukkel agterlangs kon egter nie uit die skrums munt slaan nie.

Die Sharks het twee drieë teen geen gedruk, die WP se lynstane heeltemal ontwrig en met die veel minder duikslae wat hulle moes maak as bewys, ook suiwerder gekeer.

Hulle is egter kwaai in die skrums gestraf waar Wilco Louw weer puik geskrum het, hoewel die uitstaande spelers in die wedstryd uit die Sharks se voorry gekom het, met die Springbok-haker Akker van der Merwe wat speler van die wedstryd was,   en Coenie Oosthuizen wat nuwe lewe in die Sharks se voorhoede geblaas het nadat hy in die tweede helfte as  plaasvervanger opgekom het.

Dillyn Leyds was deurgaans gevaarlik met bal in die hand en stewig onder hoë skoppe, Damian Willemse het teen die einde mooi gehardloop en  die WP-agterlyn gevaarlik laat lyk en Ruan Nel sal nog in vyftienmanrugby deurbreek.

Maar Aphelele Fassi, nat egter die ore en ʼn nuweling op dié vlak, het agterlangs sy meer ervare spanmaats en teenstanders gewys wat aanvoeling en opsies, goeie verdediging en werk op die aanval en verdediging kan beteken.

Dit is jammer dat hierdie man, wat verlede week die Bok Aphiwe Dyantyi van agter ingehardloop het, nie ʼn bietjie ruimte gegee is om sy vaart te gebruik nie.

Terwyl ʼn mens van die uitblinkers praat, moet die name van die twee Sharks-slotte, Hyron Andrews en Gideon Koegelenberg, genoem word. Hulle het sewe van die WP se 12 lynstaan ingooie gewen en saam met die res van die pak in die los ingedons.

Die flank Tyler Paul, en die krag van die Du Preez-tweeling wat egter weer meer as hul kwota balle in die duikslag verloor (insluitende twee drieë wat verspeel is) het saam met elke ander voorspeler, ook van die bank af, meer as hul kant gebring. ʼn Spesiale pluimpie aan die loskop Juan Schoeman, wat ondanks die skrum-swaarkry in die los sy deel gedoen het.

Baie spanning, 20-plus hanteringsfoute, te veel omkeerbesit deur albei spanne … en ʼn boodskap dat die Curriebeker-reeks reggekry moet word. Daar was immers 28 000 toeskouers by die wedstryd.

Puntemakers ‒

Westelike Provinsie (6) 12 – Strafdoele: SP Marais (3), Damian Willemse.
Sharks (0) 17– Drieë: Akker van der Merwe, Tyler Paul. Doelskoppe: Robert du Preez (2). Strafdoel: Robert du Preez.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kosie ·

Ja, die ou spreekwoord is van toepassing: Hoogmoed kom altyd voor ‘n harde val… ek is nie ‘n Shark nie maar hul oorwinning was liplek lekker! Ek het lanklaas soveel ontnugterde gesigte gesien soos die Wee Pee ondersteuners sin vandag. Lekker!!

rollie ·

Hoogmoed? As jy onoorwonne die eindstryd ingegaan het, kan jy verwag dat die ondersteuners positief sou wees. Die vrot guppies was net beter as die vrotsiger WP op die dag. Swak wedstryd, een om so gou moontlik te vergeet.

Kosie ·

Jy is reg Rollie. hoogmoed is miskien nie gepas nie. Eerder arrogansie…

Well Done Sharks ·

Wys jou net, uitspeel wedstryde MOET deur neutrale skeidsregters beheer word. Mooi so Sharks.

Daniel ·

Ooooeee! Jy moet hoop die Wie het ge Pie supporters se data is op, as hulle jou kommentaar moet lees….? Mnr Seconds was mos baie regverdig. Knap gedaan Sharks, van ‘n rooi-bloed Lions ondersteuner

Swartwolf ·

Mooi Sharks speel die kwota WP poegaai op hul die veldjie. Du Preez broers en vd Merwe buig die WP se Ntubebi en Notshe maar nog steeds maak hulle nie die toerspan nie. Belaglik.

rollie ·

Swak wedstryd maar ek het simpatie met die spelers wat in die vreeslike hitte gespeel het. Vrot het oor vrotsiger op die dag geseevier. Nie ‘n goeie uitbeelding vir SA Rugby nie.

Barries ·

Die WP bly maar n onsmaaklike spul met onsmaaklike ondersteuners.

Barries ·

Die WP spelers en hul ondersteuners het dan reeds 2 maande terug die beker gewen?

IK ·

Ek hoor mens kan die WP gaan vra hoe word ‘n sjampanjebottel se prop teruggedruk . . .

Ingo ·

Lyk my dat alle kapteins wat aan die verloorkant was sê na die tyd wanneer daar op tv gevra word na wat gebeur het”ja ons het baie geleer.”
Hoeveel wil ons spelers nou eintlik leer en wanneer gaan hulle begin ophou leer en begin speel.
Jy kan nie in n einstryd só ń antwoord gee nie.Sê eerder ons het swak gespeel en die ander span was die beter span.
….Sharkie for life!

Swartwolf ·

Sharks wys toe hoe. WP nerens. Du Preez broers en vd Merwe speel Notshe en Ntubebi stukkend. Jammer Rassie moet weer vir sy politieke meesters luister en sekere spelers kies wat 3 de beste keuses is.

SjN ·

Ek verstaan daar is nou een groot behuisingsprobleem in die Kaap, almal van hulle het terug gekom aarde toe.

Niklaas ·

Die uitjouery van die WP ondersteuners as Du Preez aanlê pale toe was onsmaaklik. Ek was dus verheug toe hul span verloor. Lekker. Rassie bederf toe die res van die Bok ondersteuners se vreugde met daai Springbokspan keuses. Slegs onder WP aanhangers sal daar tevredenheid wees met Rassie se span wat nou in Europa gedoem is tot vele nederlae.

Frans C ·

Die WP se probleme het agter die skrum begin en was die onttrekking van Vermaak ‘n terugslag wat hul nie kon oorkom nie.Dit is duidelik dat dit en die lynstaangesukkel
WP totaal uit rat gegooi het en in die een na die ander duikslag ingedwing het.
Dan het die WP afrigter mi nog die kardinale fout gemaak om kombinasies te verbreek en Willemse in te sluit.

Hy mag talentvol wees maar dit beteken nie dat hy daarom in die beginspan ingesluit moet word.Jammer WP maar julle is geklop deur ‘n span wat hul kanse beter benut het.

Nou die vraag ,gaan een van die spanne die mas opkom in superrugby 2019.Na Saterdag se gesukkel lyk dit nie so nie,veral nie as ‘n span soos Auckland sterk oplewing toon en die hoogaangeskrewe Canterbury geklop het in hul eindstryd en die beker na 11 jaar
gewen het.

Dit was ‘n beter wedstryd om na te kyk as die Curriebeker eindstryd.

rollie ·

Dit slaan my dronk dat WP hul spelpatroon totaal en al verander het vir die uitspeelwedstryde, dit nadat hulle almal stukkend gehardloop het voor die eindstryde. Moes ook nie aan die wenspan gekarring het deur ouens soos Willemse (nogal uit posisie) in die beginspan in te sluit nie. Hierdie ouens kon eerder van die bank af ingespan gewees het.

@Rollie ·

Nee, Rollie – nooit kan jy WP ag as ‘n hardloopspan nie. Hulle skop ander spanne miskien moedeloos, maar hardloop…. aikona!!

Varkie ·

Ek weet nie of iemand saam my sal stem nie, maar die WP het nooit regtig herstel van daai ekstra 30min wat hulle moes speel die vorige naweek nie.. jy sien dit gereeld in sokker eindstryde, daai ekstra paar minute is giftig vir jou spiere se herstel proses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.