Curriebeker-les: puntemasjiene nie wenresep

George Whitehead - voorste puntemaker. (Foto: Cheetahs Rugby)

George Whitehead – voorste puntemaker. (Foto: Cheetahs Rugby)

Die grootste les (behalwe dat die formaat sinneloos was) wat die opstelronde van die Curriebeker vanjaar uitgewys het, is dat puntemasjiene nie noodwendig `n wenresep bied nie.

Die grootste puntemaker was die Griffons se losskakel, George Whitehead (166), en die voorste driedrukker dieselfde span se heelagter Selvyn Davids (16). Nog `n spanlid, die vleuel Warren Williams, het tien drieë gedruk. Desondanks was die Noord-Vrystaters negende uit 15 spanne.

O ja, die Westelike Provinsie het boaan die punteleer geëindig; en Griekwas, Boland en die Pumas is die nie-franchise-spanne wat vir die reeks in aanmerking kom.

Maar dit lyk nie of die WP juis iets wen nie, en dis al `n paar weke lank duidelik dat bogenoemde drietal nie deur die ander aspirante ingehaal sou word nie.

In die laaste wedstryde in die opstelronde het die WP in Windhoek op `n drafstap 71-7 (rustyd 31-7) teen die Welwitschias gewen; op Olënpark, Potchefstroom, het die Luiperds 37-17 (22-3) teen `n eksperimentele Griekwaspan gewen; op Grabouw het die Boland die Goue Leeus-vyftiental 28-24 (21-17) geklop; die Pumas het die Griffons 60-17 (22-10) in Welkom afgeransel; in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen het die Vrystaat-vyftiental die Grens naelskraap 22-18 (14-13) geklop; die Sharks-vyftiental het die Suidwestelike Distrikte op Outeniekwapark in George 29-24 (19-12) geklop; en die Valke het in die Barnardstadion op Kemptonpark die OP Kings 59-26 (26-14) oorheers.

Grant Hermanus - 16 punte. (Foto: WP Rugby)

Grant Hermanus – 16 punte. (Foto: WP Rugby)

Die WP se heelagter, Grant Hermanus, het 16 punte met agt doelskoppe behaal.

Naas Whitehead het die Luiperds se Rhyno Smith (148), Boland se Nico Scheepers (140) en die Pumas se Justin van Staden (117) meer as 100 punte in die opstelronde aangeteken.

Spelers wat soos Davids en Williams tien en meer drie gedruk het, was Makazole Mapimpi van die Grens (13), Ryan Nell van Boland (12), AJ Coertzen van Griekwas (11) en Christopher Bosch van Boland (tien).

Die naweek se puntemakers –

Welwitschias 7 (7) – Drie: Mahco Prinsloo. Doelskop: Justin Nel.

Westelike Provinsie 71 (31) – Drieë: Dennis Cox, Kobus van Dyk (2), Justin Phillips, EW Viljoen (2), Khanyo Ngcukana, Christo van der Merwe, Eital Bredenkamp, Scott van Breda, Beyers de Villiers. Doelskoppe: Grant Hermanus (8).

Luiperds 37 (22) – Drieë: Bradley Moolman, Bart le Roux, Wilmar Arnoldi, Henko Marais, Johan Deysel; Doelskoppe: Rhyno Smith (3); Strafdoele: Smith (2).

Griekwas 17 (3) – Drieë: Jason Fraser (2); Doelskoppe: Andre Swarts (2); Strafdoel: Steven Moir.

Boland 28 (21) – Drieë: Chadley Wenn, Robert Louw, Sergio Torrens, Shaun McDonald Doelskoppe: Nico Scheepers (4)

Goue Leeus 24 (17) – Drieë: Victor Sekekete (2), Jacques Nel. Doelskoppe: Shaun Reynolds (3). Strafdoel: Reynolds.

Pumas 60 (22) – Drieë: Leighton van Wyk, Jacques Kotzé, Tyler Fisher (2), Marlou van Niekerk, JP Lewis (2), Frank Herne, Damien Jansen van Rensburg. Doelskoppe: Justin van Staden (3), Marlou van Niekerk, Leighton van Wyk (2). Strafdoel: Justin van Staden.

Griffons 17 (10) – Drieë: De Wet Kruger, Selvyn Davids. Doelskoppe: George Whitehead (2). Strafdoel: Whitehead.

Grens 18 (13) – Drieë: Makazole Mapimpi, Sethu Tom. Doelskop: Masixole Banda. Strafdoele: Banda (2).

Vrystaat 22 (14) – Drieë: Strafdrie, Nardus Erasmus, Neil Rautenbach. Doelskoppe: Gerrie Labuschagne (2). Strafdoel: Ruan van Rensburg.

SWD 24 (12) – Drieë: Dean Hopp, Lodewyk Uys, Mark Pretorius, Clint Wagman. Doelskoppe: Thomas Keen (2).

Sharks 29 (19) – Drieë: Johan du Toit, Hanco Venter (2), Gerhardus Engelbrecht. Doelskoppe: Innocent Radebe (3). Strafdoel: Radebe.

Valke 59 (26) – Drieë: Andries Schutte, Etienne Taljaard (2), Grant Janke (2), Johan Pretorius (2), Karlo Aspeling, Shane Kirkwood. Doelskoppe: Aspeling (4), Warren Potgieter (3).

OP Kings 26 (14) – Drieë: David Murray, Franswa Ueckerman, Keanu Vers, Lusanda Badiyana. Doelskoppe: Simon Bolze (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico K ·

Ek het nie ‘n probleem met die reeks nie, maar hulle kon maar regtig ‘n beker vir die wenner gegee het. Hoekom is die Vodocom reeks afgeskaf? Dit is maar dieselfde ding, nou net sonder ‘n beker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.