Curriebeker: Nelspruit kan vir die klimaks sorg

Vrydag se kragmeting tussen die Pumas en die Westelike Provinsie in Nelspruit lyk of dit die hoogtepunt van die naweek se Curriebekerrugby kan oplewer.

Die twee spanne is boaan die punteleer, op die oog af genoeg aanmoediging vir enige span om sy beste te lewer, en die WP het sy span met die oortollige Springbokke Damian de Allende en Wilco Louw versterk.

Dis eintlik die beste kans tot dusver vanjaar vir die tuisspan om werklik sy staal te toon, en die Streeptruie moet op ʼn verbete aanslag bedag wees.

Die Pumas se opdrafspan is onveranderd, maar die Bok Hilton Lobberts en Nardus van der Walt is op die bank gekies.

♦ Op Loftus Versfeld teen die Goue Leeus, moet die Blou Bulle toon dat hulle die les van verlede week se teleurstelling teen die Sharks ter harte geneem het en hul hanteerwerk dermate opgeknap het, dat hulle ook ander spanne as die Vrystaatse Cheetahs kan klop.

Die Transjukskei-derby het darem nog nie ál sy glans verloor nie, en die kragmeting behoort ʼn taai stryd op te lewer.

Die Bokstut Trevor Nyakane het van sy besering herstel, en is op vaskop terug in die Bulle se span.

Die Leeus het Lionel Mapoe, ook ʼn Bok, op buitesenter in hul opdrafspan ingesluit, en Ross Cronjé, wat saam met die Bokke Australië toe gaan, met Dillon Smith vervang.

♦ Oor die Vrystaat Cheetahs se wedstryd teen die Sharks in Bloemfontein wil ʼn mens liefs nie te veel sê nie.

Selfs met die insluiting van party van die tuisspan se Pro14-spelers, is hy deeglik deur die Bulle en die WP afgeransel, en Saterdag speel hy met sy naasbestes teen die Sharks, wat op húl beurt die Bulle ʼn goeie pak gegee het.

Luke Stringer, die Sharks se flankaanwins uit die WP, is op die bank ingesluit in die enigste verandering aan die span wat die Pretorianers opgedons het.

Die Vrystaat het vier nuwelinge in sy span: Louis Conradie (slot), Adriaan Carelse (heelagter), Jannes Snyman en Luigi van Jaarsveld (bank).

Eerste Liga

♦ In die Curriebeker- Eerste Liga kry die Luiperds in Potchefstroom teen die voorloper, Boland, kans om te toon of hul sege van verlede week op ʼn ommekeer in hul swak vertoning in die SuperSport-reeks dui.

♦ Die Valke sal eweneens in Welkom teen die Griffons, die verdedigende kampioen, wil wys dat die wiel vir hulle aan ʼt draai is.

♦ Grens en die Suidwestelike Distrikte (SWD) speel in Oos-Londen om aan hul agterosstatus te ontkom.

Die bepalings –

Vrydag

Curriebeker

18:30 Pumas teen WP, Mbombela-stadion, Nelspruit.

Eerste Liga

17:00 Luiperds teen Boland, Fanie du Toit-sportterrein, Potchefstroom.
18:00 Grens teen SWD, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

Saterdag

Curriebeker

14:10 Vrystaat teen Sharks, Vodacompark, Bloemfontein.
16:05 Blou Bulle teen Goue Leeus, Loftus Versfeld, Pretoria.

Eerste Liga

15:00 Griffons teen Valke, Welkom.

Die Curriebeker-spanne –

Pumas

15 Gerrit Smith, 14 JP Lewis, 13 Ryan Nell, 12 Hennie Skorbinski, 11 Neil Maritz, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Willie Engelbrecht, 7 Stefan Willemse, 6 Marnus Schoeman, 5 Cameron Lindsay, 4 Le Roux Roets, 3 Marné Coetzee, 2 Simon Westraadt, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Marko Jansen van Vuuren, 17 Andrew Beerwinkel, 18 Hugo Kloppers, 19 Hilton Lobberts, 20 Nardus van der Walt, 21 Reynier van Rooyen, 22 Trompie Pretorius.

WP

15 Dillyn Leyds (kaptein), 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Damian de Allende, 11 SP Marais, 10 Josh Stander, 9 Jano Vermaak, 8 Juarno Augustus, 7 Kobus van Dyk, 6 Sikhumbuzo Notshe, 5 JD Schickerling, 4 Ernst van Rhyn, 3 Wilco Louw, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Michael Kumbirai, 19 Chris van Zyl, 20 Herschel Jantjies, 21 Dan du Plessis, 22 Craig Barry.

Vrystaat

15 Adriaan Carelse, 14 Ali Mgijima, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Tersius Kruger, 11 Lloyd Greeff, 10 Louis Fouché, 9 Rudy Paige (kaptein), 8 Niell Jordaan, 7 Gerhard Olivier, 6 Stephan Malan, 5 Dennis Visser, 4 Louis Conradie, 3 Gunther Janse van Vuuren, 2 Reinach Venter, 1 Kevin Stevens. Bank: 16 Jannes Snyman, 17 Johan Kotzé, 18 Luigi van Jaarsveld, 19 Abongile Nonkontwana, 20 Dian Badenhorst, 21 Vuyani Maqina, 22 Reinhart Erwee.

Sharks

15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du
Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Dan du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Wian Vosloo, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg,
3 John-Hubert Meyer, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Kerron van Vuuren,
17 Khutha Mchunu, 18 Andrew Evans, 19 Luke Stringer, 20 Cameron Wright, 21 Johan Deysel, 22 Aphelele Fassi.

Bulls

15 Divan Rossouw, 14 Jade Stighling, 13 Johnny Kotzé, 12 JT Jackson, 11 Jamba Ulengo, 10 Manie Libbok, 9 André Warner, 8 Hanro Liebenberg (kaptein), 7 Jano Venter, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Hendré Stassen, 3 Trevor Nyakane, 2 Jaco Visagie, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Conrad van Vuuren, 18 Ruan Nortjé, 19 Thembelani Bholi, 20 Ivan van Zyl, 21 Tinus de Beer, 22 Duncan Matthews.

Goue Leeus

15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Shaun Reynolds, 9 Dillon Smit, 8 Hacjivah Dayimani, 7 Len Massyn, 6 James Venter, 5 Marvin Orie (kaptein), 4 Rhyno Herbst, 3 Johannes Jonker, 2 Corné Fourie, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Danie Mienie, 18 Jacobie Adriaanse, 19 Reinhard Nothnagel, 20 Vincent Tshituka, 21 Madosh Tambwe, 22 Wandisile Simelane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

Terwyl SARU sink, wie wil die eerste waag om kommentaar te lewer?

Johan ·

ons spanne gaan allmal sink aand die ANC wil mos hè allmal mor Rugby speel los ek is klaar met ons rugby Nuzeland is my span klaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.