Curriebeker redelik onvoorspelbaar

Dit sal ʼn dapper of ʼn baie roekelose man wees wat te veel op die naweek se Curriebeker-rugby verwed.

Westelike Provinsie (WP), die huidige kampioen, behoort die gunsteling te wees vir sy kragmeting Saterdag in Kaapstad teen die Vrystaatse Cheetahs.

Die Vrystaters kan nóg ʼn slag van hul Pro14-spelers inspan, maar dié het verlede week min invloed teen die Blou Bulle getoon. Hulle bly egter ʼn onvoorspelbare span.

Die tuisspan is Vrydag in Johannesburg die gunsteling teen Griekwas, maar die Poubloues het ʼn geneigdheid om hard te slaan wanneer dit die minste verwag word.

Die Goue Leeus kan nie bekostig om die besoekers te onderskat nie.

Daar is min te kies tussen die Sharks en die Blou Bulle in Durban, en albei spanne se wisselvalligheid maak ʼn voorspelling moeilik.

Die KwaZulu-Natallers het die tuisveldvoordeel, maar die Bulle het hulle nie verlede week deur Bloemfontein laat afskrik nie.

Die program –

Vrydag

19:00 Goue Leeus teen Griekwas, Johannesburg.

Saterdag

15:00 Sharks teen Blou Bulle, Durban.
17:15 WP teen Vrystaat, Kaapstad.

Die spanne –

Goue Leeus

15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Jan-Louis la Grange, 12 Manni Rass, 11 Courtnall Skosan, 10 Shaun Reynolds, 9 Ross Cronjé (kaptein), 8 Hacjivah Dayimani, 7 Len Massyn, 6 James Venter, 5 Marvin Orie, 4 Rhyno Herbst, 3 Johannes Jonker, 2 Corné Fourie, 1 Sti Sithole. Bank: 16 HP van Schoor, 17 Jacobie Adriaanse, 18 PJ Steenkamp,19 Vincent Tshituka, 20 Dillon Smit, 21 Tyrone Green, 22 Wandisile Simelane.

Griekwas

15 Eric Zana, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn (kaptein), 12 Christopher Bosch, 11 AJ Coertzen, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter van Vuren, 4 Sintu Manjezi, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Khwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 Wilmar Arnoldi, 17 Ruan Kramer, 18 Wandile Putuma, 19 Eital Bredenkamp, 20 Zak Burger, 21 Jonathan Janse van Rensburg, 22 André Swarts.

Sharks

15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Wian Vosloo, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 John-Hubert Meyer, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Kerron van Vuuren, 17 Khutha Mchunu, 18 Andrew Evans, 19 Lubabalo Mtembu, 20 Cameron Wright, 21 Johan Deysel, 22 Aphelele Fassi.

Blou Bulle

15 Divan Rossouw, 14 Jade Stighling, 13 Jessie Kriel, 12 Johnny Kotzé, 11 Jamba Ulengo, 10 Manie Libbok, 9 André Warner, 8 Hanro Liebenberg (kaptein), 7 Thembelani Bholi, 6 Ruan Steenkamp, 5 Ruan Nortjé, 4 Hendré Stassen, 3 Conrad van Vuuren, 2 Jaco Visagie, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 Eli Snyman, 19 Jano Venter, 20 Raegan Oranje, 21 Tony Jantjies, 22 JT Jackson.

WP

15 SP Marais, 14 JJ Engelbrecht, 13 Ruhan Nel, 12 Dan Kriel, 11 Dillyn Leyds (kaptein), 10 Josh Stander, 9 Jano Vermaak, 8 Juarno Augustus, 7 Kobus van Dyk, 6 Sikhumbuzo Notshe, 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Michael Kumbirai, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Neethling Fouché, 19 Ernst van Rhyn, 20 Herschel Jantjies, 21 Dan du Plessis, 22 Sergeal Petersen.

Vrystaat

15 Malcolm Jaer, 14 Rabz Maxwane, 13 Dries Swanepoel, 12 Nico Lee, 11 William Small-Smith, 10 Louis Fouché, 9 Tian Meyer, 8 Aidon Davis, 7 Oupa Mohoje (kaptein), 6 Jasper Wiese, 5 Dennis Visser, 4 Justin Basson, 3 Güther Janse van Vuuren, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Erich de Jager, 18 Luan de Bruin, 19 Stephan Malan, 20 Junior Pokomela, 21 Shaun Venter, 22 Ernst Stapelberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manie ·

Ek het nou die wedstryd van bulle teen Sharks gekyk. Ek hoop net die bulle kry enige geld vir die spel want ek het lanklaas sulke patetiese vaardighede gesien soos die van die bulle vandag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.